Die variant is nie die oorsaak nie, menslike gedrag is die oorsaak van die derde golf. Die ekonomie is oop, en mense is moeg vir die inperking.
Moet dus nie paniekerig raak nie, maar wees baie versigtig, sê Jantjie Taljaard, ’n internis en hoof van die infeksiesiekte-afdeling in die Departement Geneeskunde by Tygerberg Hospitaal en Universiteit Stellenbosch.
Hy verduidelik ook hoe die entstowwe ontwikkel is en sê hy sal self enige van die entstowwe neem – hy is trouens alreeds ingeënt. En gaan asseblief vir jou griepinspuitings!


Kommentaar
Nee dankie. As ek om my kyk en sien hoeveel mense wat reeds die inspuiting gehad het steeds siek is, dan wonder ek maar net.