Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theuns Eloff

  • 3

Theuns Eloff verduidelik wat by Nkandla gebeur het die afgelope naweek, waarom die polisie nie opgetree het nie, en hoekom die Konstitusionele Hof bereid is om weer Zuma se aansoek aan te hoor.

  • 3

Kommentaar

  • Uitstekende, insiggewende onderhoud, veral vir ons wat in die buiteland belangstel in feite oor die huidige vraagstukke rondom die politieke en grondwetlike situasie in Suid-Afrika. Maar o wee, het Theuns Eloff nie 'n tiener wat hom kan help om sy Zoom-prentjie vir hom op te stel nie? Kan hom glad nie sien nie. Dit lyk kompleet of hy ontvoer is en in aanhouding praat. (Grappie, maar nog steeds. Kry daai tiener.)

  • Gustaf Claassens

    'n Baie gebalanseerde bydrae van Theuns Eloff, soos mens aan gewoond geraak het die afgelope klompie jare. Dis duidelik dat die situasie in ons land uiters vloeibaar is, vandaar Theuns se versigtige optimisme. Die tragedie is dat die land se hoop basies op een persoon berus, wat andersyds ook uiters riskant is ... juis omdat die politiek so uiters vloeibaar is. Daar is niks en niemand wat leierskap toon en gesag afdwing met die oog op die toekoms nie. Vandaar die desperate hoop dat dinge tog ten goede sal verloop.

    Cyril is Cyril. Daar's egter meer as genoeg voorbeelde van uitsprake en optredes wat groot vraagtekens oor sy persoon plaas. Dinge wat in plek begin val het die laaste tyd is meer 'n geval dat dit 'n kombinasie is van toevalligheid en goed berekende en subtiele besluite van pres. Ramaphosa. Gewoonlik wanneer kanse of situasie hom polities bevoordeel.

    Tyd sal leer hoe al hierdie intriges gaan uitspeel. Die volgende jaar of twee gaan kritiek wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top