Reguit met Robinson: Suid-Afrikaners se finansies
2022-08-24Wat is die impak van stygende lewenskostes, inkomste-ongelykheid, korrupsie en die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaners se finansiële en sielkundige welstand? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring en Jacolize Poalses van die Buro vir Marknavorsing (Unisa).
Reguit met Robinson: Kroonstad neem eienaarskap
2022-08-18Die gemeenskap van Kroonstad, Kwêla se Dorp van die Jaar 2022, ruk self hul dorp reg, onder die vaandel van die organisasie Ignite & revive. Freek Robinson gesels met die sakeman André van Pletzen, ’n stigterslid van hierdie niewinsgewende inisiatief.
Reguit met Robinson: Beplan jy om te emigreer?
2022-08-10Freek Robinson gesels met Andrew Rissik van Sable International oor emigrasie na byvoorbeeld Portugal, en met Dawid Swart oor sy en sy familie se nuwe tuiste in Panama.
Reguit met Robinson: Geweld, kinders en jongmense
2022-08-04Freek Robinson gesels met Danie Janse van Rensburg en Ronel Aylward van die kinderbeskermingsorganisasie Christelik Maatskaplike Raad Noord oor geweld teenoor veral jongmense in Suid-Afrika. Sensitiewe onderwerpe met betrekking tot geweld teenoor kinders en jongmense word in hierdie onderhoud bespreek. Hierdie inhoud is nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 18 nie.
Solidariteit: "Hoe kan ons help, Eskom?"
2022-07-26Eskom het ’n kritieke vaardigheidstekort. Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.
Reguit met Robinson: A conversation with John Simpson from BBC News
2022-07-20What is Boris Johnson's legacy? What lies ahead for British politics, society and foreign policy? Freek Robinson interviews John Simpson, world affairs editor of BBC News.
Die ekonomie van welstand en lewenskwaliteit
2022-07-14Hoe voel Suid-Afrikaners tans? Wat is geluk? Hoe kan dit gemeet word? Freek Robinson gesels met ekonoom Talita Greyling oor Suid-Afrika se Gelukkigheidsindeks.
Hoe groot is die ekonomiese krisis?
2022-07-06Twee jaar van beurtkrag is gelykstaande aan die ekonomiese inkrimping tydens die COVID-19-pandemie, volgens Lullu Krugel, die hoofekonoom vir PricewaterhouseCoopers in Suidelike Afrika. Hoe donker is die groter prentjie?
Water: Wag daar ’n ramp op ons?
2022-06-29Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.
"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."
2022-06-22Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.
Reguit met Robinson – Die kontant op die plaas: soveel vrae
2022-06-14Is Ramaphosa se sprokiesverhaal daarmee heen? Freek Robinson gesels met Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, en Dirk Kotzé, ’n politieke kenner.
Reguit met Robinson: Wankel jou munisipaliteit?
2022-06-07Leon Claassen van die graderingsagentskap Ratings Afrika vertel aan Freek Robinson hoe hulle te werk gaan om die land se grootste 100 munisipaliteite te gradeer en waarom daar rede tot kommer is.
Reguit met Robinson: "As ons nie beplan vir Afrikaans nie, dan gaan daar vir ons beplan word." – Wannie Carstens
2022-06-02Freek Robinson gesels met Wannie Carstens oor die stand van Afrikaans, asook persepsies van, houdings teenoor, en waarhede oor Afrikaans. Wannie is ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit.
Reguit met Robinson: Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?
2022-05-25Ervaar mense van kleur voortdurende rassisme aan die US, of is die onlangse insidente uitsonderlik? Wat doen die universiteit met hulle opdrag om te transformeer? Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?
Reguit met Robinson: Sukkel jy met jou bank? Als oor die bankombudsman.
2022-05-18Waarom is daar ’n bankombudsman? Hoe help haar kantoor gewone mense? Is haar kantoor onafhanklik? Wie oorsien hulle werk? Hoeveel klagtes kry sy? Hoe vaar Suid-Afrikaanse banke in vergelyking met dié van die buiteland? Freek Robinson het dié en ander vrae aan Reana Steyn gestel.

