Nou is voedselsekerheid in gedrang
2023-06-14Geen boer sal skuld aangaan om nuwe gewasse te plant as hulle 75% van hulle regte moet weggee nie. Meer nog, hierdie wetgewing gaan nie nuwe swart landbouers skep nie. Al wat sal gebeur, is dat mense met goeie politieke konneksies nog ryker gaan word en armes verder gaan krepeer. Kos gaan skaarser word.
Ons rug is teen die muur
2023-06-07Gerhard Papenfus het harde woorde vir die regering. Hy beweer dat die regering sakeondernemings nou met geen ander keuse gelaat het as om openlik te verklaar dat hulle sal weier om aan hierdie vereistes te voldoen nie.
Gaan water soos elektrisiteit word?
2023-05-31Suid-Afrika sit skielik met ’n choleraprobleem, en dit ná ons vir baie jare van die skoonste water van alle lande in ons krane gehad het. Freek Robinson gesels met Chris Heymans om te verstaan wat lande soos Indië en Etiopië skynbaar reg doen, maar ons nie.
Parfuum
2023-05-24Hoe het dit gebeur dat ’n Afrikaanse seun uit die Vrystaat deesdae een van die groot name in die Franse parfuumbedryf is? Freek Robinson gesels met Dave Pepler oor nooiens in nartjies en reukolies wat na ’n motorfiets ruik.
Op pad na sanksies soos laas in ’86
2023-05-17Die probleem is nie samewerking met Afrika, Suid-Amerika en China nie. Juis nie. Wat is dan fout? Hoe het dit gebeur dat Nigerië en Egipte deesdae vir Afrika verteenwoordig en ons land gewoon verder en verder na rommelstatus val?
Afrikaans word in 2025 100
2023-05-11Op Maandag 8 Mei 2025 sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans ’n amptelike taal van Suid-Afrika geword het. Afrikaanse organisasies word genooi om by Afrikaans 100-feesvieringe betrokke te raak. Freek Robinson het met Theuns Eloff gesels oor hierdie inisiatief, oor die stand van Afrikaans, en die noodsaak van moedertaalonderrig.
Nasionale Ordes: "Eerst gegeven en dan genomen is erger dan een dief gestolen"
2023-05-05"In ’n uiters ongewone stap is een van die land se Nasionale Ordes wat onlangs aan die joernalis Freek Robinson toegeken sou word vir sy bydrae tot die joernalistiek, onverwags teruggetrek saam met die name van twee ander Suid-Afrikaners wat saam met hom vereer sou word. Ramaphosa se kantoor het in ’n verklaring gesê hy het die onttrekking van die drie name aanvaar 'na besware van verskeie sektore van die samelewing' en op aanbeveling van die Adviesraad oor Nasionale Ordes (NOAC)."
Gekaapte kampusse
2023-05-03Freek Robinson gesels met Jonathan Jansen oor die belangrike rol van universiteite in ons samelewing en oor Jansen se boek Corrupted wat ernstige aantygings maak teen sommige instellings in Suid-Afrika.
Hoekom is daar nou goeie nuus in ons koerante?
2023-04-26Rapport en City Press het onder die vaandel "My land" goeienuusstories begin vertel. Freek Robinson gesels met Inge Kühne, Rapport se redakteur. Hy wil weet waarom sy en haar koerant by hierdie projek betrokke geraak het en wat hulle wil bereik. Het dit haar genoop om anders na die nuus te kyk?
Opdraandestryd vir onafhanklike kandidate in Suid-Afrikaanse verkiesing
2023-04-19Freek Robinson vra in hierdie onderhoud vir Michael Louis waarom hy, en ander, nie tevrede is met die veranderinge aan die Kieswet nie, wat die probleme is met die wet soos dit tans staan, en hoe sy regsgeding die OVK se werk in die wiele gaan ry, al dan nie.
Leef ons werklik beter as ons voorsate?
2023-04-13Freek Robinson vra: Hoe kan Fourie beweer ons leef beter as tevore wanneer jy die agteruitgang om ons sien? En wat dink Fourie van Helen Zille se twiet waarin sy beweer dat kolonisasie vooruitgang, nie agteruitgang nie, gebring het?
Laat die gemeenskap saamstaan
2023-04-05Freek Robinson gesels met Jacques Swanepoel oor ’n inisiatief in die Waterberg om die hele gemeenskap by ’n streek se herstel te betrek ten tye van ’n natuurramp of selfs ’n scenario soos die totale ineenstorting van Eskom. Hoe en waar kry ons water? Hoe voer ons diegene wat honger is? Hoe bekamp ons misdaad?
Suid-Afrika en die Internasionale Strafhof
2023-03-28Suid-Afrika het reeds een maal die Internasionale Strafhof se bevele met die Omar al-Basjir-sage geïgnoreer. Gaan soortgelyke verontagsaming weer gebeur tydens ’n komende Brics-beraad? En indien wel, waarom? Wat sal die gevolge vir ons land wees as die regering hardnekkig weier om internasionale wette en protokolle na te kom? Hoe gaan dit ons ekonomie en ons status in die oë van die wêreld raak?
Het Suid-Afrika die EFF verwerp?
2023-03-23Hoe hoog is die revolusionêre temperatuur in Suid-Afrika? Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Om ’n huis te kan koop
2023-03-15Hoekom trek soveel mense na die Wes-Kaap? Is huise in die Wes-Kaap te duur? Wat is deesdae belangriker as jy huis koop: sekuriteit of sonkrag? Wat gaan met die huismark gebeur as die EFF hulle hande op die regering kry? En wat van almal wat nie huise kan bekostig nie? Freek Robinson gesels met Erwin Rode, ’n eiendomswaardeerder en -konsultant.

