Nou is voedselsekerheid in gedrang

  • 0

Die nuwe konsepwetgewing oor water gaan baie ernstige gevolge vir almal hê.

Geen boer sal skuld aangaan om nuwe gewasse te plant as hulle 75% van hulle regte moet weggee nie. Meer nog, hierdie wetgewing gaan nie nuwe swart landbouers skep nie. Al wat sal gebeur, is dat mense met goeie politieke konneksies nog ryker gaan word en armes verder gaan krepeer. Kos gaan skaarser word.

Boonop is hierdie wetgewing skynbaar gebaseer op sogenaamde navorsing wat egter glad geen sin maak nie. Die regering se somme klop gewoon nie.

Dit, en veel meer, is wat Theo de Jager, die voorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai), aan Freek Robinson vertel.

Lees ook:

Ons rug is teen die muur

Gaan water soos elektrisiteit word?

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo de Jager

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top