Cyril Ramaphosa het Maandag die wysigingswetsontwerp op die Kieswet onderteken wat dit vir onafhanklike kandidate moontlik maak om hulself verkiesbaar te stel in volgende jaar se verkiesing.
Intussen het Michael Louis reeds aangedui dat hy en ander groepe sekere bepalings van die Kieswet in die hof gaan betwis. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het op sy beurt gesê sodanige hofsake kan hul taak in die wiele ry.
Freek Robinson vra in hierdie onderhoud vir Louis waarom hy, en ander, nie tevrede is met die veranderinge aan die wetgewing nie, wat die probleme is met die wet soos dit tans staan, en hoe sy regsgeding die OVK se werk in die wiele gaan ry, al dan nie.
Lees ook:
Hoe kan ’n onafhanklike kandidaat ’n verskil maak in die parlement?