Op pad na sanksies soos laas in ’86

  • 0

Vir die eerste 15 jaar ná demokrasie was Suid-Afrika in ’n besonder sterk posisie. Ons ekonomie het met 7% gegroei en op ’n diplomatieke vlak het ons met die heel bestes skouers geskuur.

Chris Landsberg van die Universiteit van Johannesburg sê egter aan Freek Robinson: “Ons het daai ding in sy peetjie geskiet met ’n AK-47 of twee.”

Die probleem is nie samewerking met Afrika, Suid-Amerika en China nie. Juis nie. Wat is dan fout? Hoe het dit gebeur dat Nigerië en Egipte deesdae vir Afrika verteenwoordig en ons land gewoon verder en verder na rommelstatus val?

Hoe op aarde het ons van wêreldliefling gestrompel na ’n situasie waar die soort sankies wat laas in 1986 toegepas is, weer op ons wag?

Lees ook:

Aan Rusland met liefde

Suid-Afrika trap water oor Rusland

Russia: One year later

Een jaar van oorlog: Ons gesels met Eben Viktor in Oekraïne

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top