Freek Robinson

Freek Robinson is ’n Suid-Afrikaanse joernalis, radio-omroeper en TV-aanbieder.  

"Dis 7 minute ná middernag."

Freek Robinson, Helen Zille Onderhoude 2024-05-08

Wat maak die DA se aanbod anders as ander partye s’n? Freek Robinson gesels met Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.

Verkiesing 2024: Waar pas die VF Plus in die prentjie?

Freek Robinson, Pieter Groenewald Onderhoude 2024-05-02

Hoe beskou die Vryheidsfront Plus Afrikaner-kiesers? Hoe sien Suid-Afrikaners die VF Plus? Wat voorspel hierdie party vir die 2024-verkiesing? Wat is die boodskap aan en prioriteit vir Suid-Afrikaners? Pieter Groenewald, die leier van hierdie party, gesels met Freek Robinson.

Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?

Freek Robinson, Theuns Eloff, Christo van der Rheede, Barend la Grange Onderhoude 2024-04-24

"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).   

Hoe sal koalisieregerings ná die verkiesing provinsiaal en nasionaal kan werk of misluk?

Freek Robinson, Cilliers Brink Onderhoude 2024-04-17

"Ek dink dit is redelik duidelik dat dominante partydemokrasie verby is." Freek Robinson gesels met die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink.

"Ek het al die bloede in my … ek ís die nuwe Suid-Afrika."

Freek Robinson, Gayton McKenzie Onderhoude 2024-04-09

Freek Robinson gesels met Patriotic Alliance se Gayton McKenzie oor die party se verkiesingskanse.

Is daar hoop vir die renoster?

Freek Robinson, Louis Lemmer Onderhoude 2024-04-03

Freek Robinson gesels met SANParke-ereveldwagter Louis Lemmer oor renosterstropery en renosterbewaring.

South Africa's water crisis

Freek Robinson, Anthony Turton Interviews 2024-03-26

Anthony Turton, an expert in water resource management, outlines the extent of the water crisis in South Africa.

Research at University of Johannesburg and societal impact

Freek Robinson, Sarah Gravett Universiteitseminaar | University Seminar 2024-03-14

For the second year running, the University of Johannesburg (UJ) has been ranked as the leading producer of accredited research outputs in South Africa. Sarah Gravett, Acting Deputy Vice-Chancellor for Research and Internationalisation at UJ, emphasises the importance of research that impacts communities and society.

"’n Manifes is maar altyd ’n wenslysie."

Freek Robinson, Raymond Willemse, Gert van der Westhuizen Onderhoude 2024-03-06

Gert van der Westhuizen, politieke redakteur van Netwerk24, en Raymond Willemse, ’n politieke verslaggewer by Netwerk24, ontleed en vergelyk partye soos die EFF, die ANC en die DA se verkiesingsmanifeste.

Vleisproduksie en volhoubaarheid: Is veganisme die antwoord?

Freek Robinson, Leozette Roode, Retha Harmse Onderhoude 2024-02-28

Die haglike toestande van die beeste aan boord die vragskip Al Kuwait in die Kaapstadse hawe het die lig op diereregte en vleisproduksie gewerp. Freek Robinson gesels met ’n vegan-aktivis, Leozette Roode (Humane Society International: Africa) en ’n dieetkundige, Retha Harmse.

SAUK en Fokus

Freek Robinson Menings 2024-02-28

"Die verwydering van Fokus is tragies."

Uitdagings vir die hoër onderwys

Freek Robinson, Francis Petersen Onderhoude 2024-02-21

Freek Robinson gesels met Francis Petersen oor plaaslike en globale uitdagings vir die hoër onderwys. Petersen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en voorsitter van Universiteite Suid-Afrika se raad van direkteure.

Staatsrede 2024

Freek Robinson, Roelof Botha Onderhoude 2024-02-14

Suid-Afrikaners gaan in die 30ste jaar van demokrasie binnekort stembus toe. Gaan die 2024-verkiesing ’n waterskeiding wees? Freek Robinson gesels met ekonoom Roelof Botha oor die ware stand van die nasie.

Kan ’n samelewing gedra word met slegs maatskaplike toelaes?

Freek Robinson, Renier Koegelenberg Onderhoude 2024-02-07

Maatskaplike dienste in die land is in ’n krisis. Na raming is daar ’n tekort aan meer as 50 000 maatskaplike werkers. Hoe gemaak? Freek Robinson gesels met Renier Koegelenberg, hoof- uitvoerende beampte van die Cape Development and Dialogue Centre Trust (CDDC).

Reguit met Robinson: Waarom ontgroening?

Freek Robinson, Louis Awerbuck Onderhoude 2024-01-31

’n Storm het losgebars op die Matie-kampus in Stellenbosch oor beweerde ontgroeningspraktyke by die Wilgenhof-manskoshuis. Freek Robinson gesels met die kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die sielkunde rakende algemene ontgroeningspraktyke.  

Top