Lei mediese studente op om entrepreneurs te word!
2024-01-23Daar gradueer elke jaar meer as 2 300 nuwe dokters by ons land se mediese skole. Daar is gewoon nie genoeg poste vir hulle almal in die staatsdiens nie. Tog weier die mediese skole om hierdie studente daarop voor te berei om entrepreneurs te wees en om privaat te werk. Angelique Coetzee gesels kaalkop hieroor met Freek Robinson.
10 punte om Suid-Afrika te red
2024-01-17Barnard Beukman het onlangs ’n plan gepubliseer om Suid-Afrika ná vanjaar se verkiesing te red. Wie moet dié planne maak? En wie gaan hulle uitvoer? Hoe gaan sy idees nou skielik uitgevoer word as die vakbonde vir 30 jaar geen opposisie toegelaat het nie? Dit is van die vrae wat Freek Robinson aan Beukman gestel het.
Hoe lyk die toekoms?
2024-01-10Gaan die volgende 25 jaar moeilik wees vir die mensdom? Sal daar teen 2050 ekologiese rampe en wateroorloë wees? Moet ons dadelik ophou vleis eet, of is die regse swaai in die globale politieke arena ’n groter gevaar vir ons toekoms? Freek Robinson vra hierdie vrae, en meer, aan André Roux, ’n toekomskundige aan die Universiteit Stellenbosch.
Wanneer slagspreuke na geweld oorgaan
2023-12-20Groot kommer heers oor die neiging van mynstakers om ander mynerwerkers gyselaar te hou onder die grond. Dit het onlangs met brutale geweld gepaard gegaan waar wit mynwerkers na bewering aangerand en verneder is. Pieter Jordaan en Dirk Herman van Solidariteit verduidelik aan Freek Robinson dat verhoudings tussen werkers goed is, ongeag ras, maar dat politiekery en die gebruik van ’n aantal slagspreuke verantwoordelik is vir ’n tendens wat die hele mynbousektor se toekoms bedreig.
Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar!
2023-12-13Freek Robinson sê dat 2023 as ’n moeilike jaar onthou sal word. Ondanks Cyril Ramaphosa se vele beloftes, het sy regering weinig vermag. Robinson se gas is Theo Venter, ’n politieke ontleder en toekomskundige aan die Universiteit van Johannesburg.
Meet the election watchdog
2023-12-07Terry Tselane is the executive chairman of the Institute of Election Management Services in Africa (IEMSA), which will act as an election watchdog in the coming South African elections. Freek Robinson asked him to explain the role and the powers of an election watchdog. Also: Who watches the watchdog, and what would happen if the watchdog and the ruling party were to disagree on the outcome of the election?
Die kuns en die wetenskap van skouervervangings
2023-11-29Heckroodt Laubscher is ’n ortopediese chirurg wat in skouervervangings spesialiseer. Laubscher verduidelik aan Freek Robinson hoe hierdie prosedures werk en wie daarby baat. “Hoe ver is ons van die skep van ’n bioniese mens?” vra Robinson hom.
Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-23Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.
Van wonderkind tot gemeenskapswerker
2023-11-23Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Tien jaar later woon Willighagen in Suid-Afrika. Haar stigting bou nou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy vanjaar twee keer vereer. Sy gesels, in Afrikaans, met Freek Robinson oor haar werk, haar talente en haar toekoms.
Die NG Kerk en die toekoms
2023-10-26Jan Lubbe is pas aangewys as die nuwe moderator van die NG Kerk. Freek Robinson vra hom uit oor lidmaatgetalle, erediensbywoning, selfdegeslaghuwelike, verhoudings met ander kerke en die NG Kerk se volgehoue bydraes tot noodleniging in ons land.
Om ’n boer te stimuleer om weer ’n boer te wees
2023-10-24Johann Kotzé is pas aangestel as hoof- uitvoerende beampte van Agri SA. Freek Robinson vra hom hoe hy boere in Suid-Afrika teen politieke inmenging gaan beskerm.
Reguit met Robinson: Palestina, Hamas en Israel in 2023
2023-10-12Marthie Momberg skets vir Freek Robinson die agtergrond rakende die Palestynse militante groep Hamas se aanval op Israel.
Die Nasionale Ontwikkelingsplan: Is daar hoop?
2023-10-05’n Verdoemende verslag is onlangs aan president Ramaphosa oorhandig rakende die gebrek aan die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Morne Mostert is een van die lede van die komitee wat die verslag opgestel het.
We need to talk
2023-09-28Sihle Khumalo says conversation is important. We need to talk about the difficult things, the hard things, the things that make us uncomfortable. Freek Robinson starts the conversation.
’n Gebaretaalwoordeboek
2023-09-20Hoekom is daar verskillende dialekte in Suid-Afrikaanse Gebaretaal? Waarom beteken dieselfde gebare een ding as die spreker glimlag en iets anders as die spreker frons? Hoekom sukkel dowe mense soms om gewone skrif te lees – hulle kan mos sien?

