Johann Kotzé is pas aangestel as hoof- uitvoerende beampte van Agri SA. Freek Robinson vra hom hoe hy boere in Suid-Afrika teen politieke inmenging gaan beskerm.
Kotzé beantwoord al Robinson se vrae en sê: “Die eerste ding is om die passie van landbou aan te steek by mense. Ons moet opgewonde wees oor wie ons is. Ons moet opgewonde wees oor die impak van landbou.” Hy vertel ook vir Robinson sy rol is “nie om vir om vir ’n boer te sê wat om te maak nie, maar om ’n boer te stimuleer om weer ’n boer te wees”.