Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Sy het eenvoudig ure lank met behulp van YouTube-video’s geoefen en haar broer het die Italiaanse woorde vir haar foneties geskryf.
Tien jaar later woon Willighagen in Suid-Afrika. Haar stigting bou nou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy vanjaar twee keer vereer.
Sy gesels, in Afrikaans, met Freek Robinson oor haar werk, haar talente en haar toekoms.
***
Vir diegene wat Willighahen se prestasies op negejarige ouderdom nie beleef het nie, volg hier ’n kompilasie van die optredes wat haar bekend gemaak het.
In 2016 het Willighagen die aria “Nella Fantasia” uit die klankbaan van The mission gesing by Afrikaans is groot.


Kommentaar
Watter wonderlike talent en ook individu. SA kan trots wees op haar en ek hoop groot besighede ondersteun haar stigting.