Amira Willighagen

Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Sy het eenvoudig ure lank met behulp van YouTube-video’s geoefen en haar broer het die Italiaanse woorde vir haar foneties geskryf.

Willighagen woon nou in Suid-Afrika. Haar stigting bou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy in 2023 twee keer vereer.

Konsertina en trekklavier is groot, 5 Oktober 2025: ’n onderhoud met Amira Willighagen

Naomi Meyer, Amira Willighagen Musiek 2025-10-02

"Toe ek dit in my inbox sien, was ek baie opgewonde gewees, omdat die trekklavier ook ’n baie spesiale plek in my hart het. My pa het altyd saam met my in Nederland trekklavier gespeel terwyl ek opera gesing het. Dit is eintlik hoe ek begin sing het nog voor Holland’s got talent."

Van wonderkind tot gemeenskapswerker

Freek Robinson, Amira Willighagen Onderhoude 2023-11-23

Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Tien jaar later woon Willighagen in Suid-Afrika. Haar stigting bou nou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy vanjaar twee keer vereer. Sy gesels, in Afrikaans, met Freek Robinson oor haar werk, haar talente en haar toekoms.

Top