Daar gradueer elke jaar meer as 2 300 nuwe dokters by ons land se mediese skole. Daar is gewoon nie genoeg poste vir hulle almal in die staatsdiens nie. Tog weier die mediese skole om hierdie studente daarop voor te berei om entrepreneurs te wees en om privaat te werk.
Angelique Coetzee gesels kaalkop hieroor met Freek Robinson.

