Heckroodt Laubscher is ’n ortopediese chirurg wat in skouervervangings spesialiseer.
Hy en twee ander Suid-Afrikaanse chirurge was verantwoordelik vir die ontwikkeling van ’n nuwe, tegnologies gevorderde prostese wat ook heelwat goedkoper is as die ingevoerde produk.
Laubscher verduidelik aan Freek Robinson hoe hierdie prosedures werk en wie daarby baat.
“Hoe ver is ons van die skep van ’n bioniese mens?” vra Robinson hom.

