Wanneer slagspreuke na geweld oorgaan

  • 0

Groot kommer heers oor die neiging van mynstakers om ander mynerwerkers gyselaar te hou onder die grond. Dit het onlangs met brutale geweld gepaard gegaan waar wit mynwerkers na bewering aangerand en verneder is.

Pieter Jordaan en Dirk Herman van Solidariteit maak dit duidelik dat swart mense ook aangerand is, veral diegene wat hulle wit medewerkers wou beskerm.

Het ons dus hier te make met blatante rassisme? Of nie?

Jordaan het in die hospitaal met van die beseerde mynwerkers onderhoude gaan voer. Hy wou uitvind wat werklik gebeur het.

Herman en Jordaan verduidelik aan Freek Robinson dat verhoudings tussen werkers goed is, ongeag ras, maar dat politiekery en die gebruik van ’n aantal slagspreuke verantwoordelik is vir ’n tendens wat die hele mynbousektor se toekoms bedreig.

Lees ook:

Korrupte konstruksiemafia loop hulle rieme styf

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top