Wanneer slagspreuke na geweld oorgaan
2023-12-20Groot kommer heers oor die neiging van mynstakers om ander mynerwerkers gyselaar te hou onder die grond. Dit het onlangs met brutale geweld gepaard gegaan waar wit mynwerkers na bewering aangerand en verneder is. Pieter Jordaan en Dirk Herman van Solidariteit verduidelik aan Freek Robinson dat verhoudings tussen werkers goed is, ongeag ras, maar dat politiekery en die gebruik van ’n aantal slagspreuke verantwoordelik is vir ’n tendens wat die hele mynbousektor se toekoms bedreig.
Het Suid-Afrika die EFF verwerp?
2023-03-23Hoe hoog is die revolusionêre temperatuur in Suid-Afrika? Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Reguit met Robinson: Waarom steeds die raskaart?
2022-10-27"As jy nie meer goed kan doen wat jy moet nie, dan begin doen jy goed wat jy kan." Só sê die ekonoom Jannie Rossouw aan Freek Robinson oor die regering se volgehoue rasbeleid.
Solidariteit: "Hoe kan ons help, Eskom?"
2022-07-26Eskom het ’n kritieke vaardigheidstekort. Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Dirk Hermann en Danie van Wyk
2022-02-23Daar heers groot kommer oor die regering se voorgestelde wysiging van die taalklousule in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Dirk Hermann van Solidariteit en Danie van Wyk van DAK Netwerk gesels met Freek Robinson.

