Hoe kan ’n onafhanklike kandidaat ’n verskil maak in die parlement?
2023-03-08Freek Robinson wou by Zackie Achmat weet hoekom hy parlement toe wil gaan om van daar teen korrupsie te veg, hoe ’n onafhanklike kandidaat ’n verskil sou kon maak en hoekom hy homself ’n kampvegter vir Afrikaans noem.
Hoe kan Suid-Afrikaners prakties gesproke saamstaan en saamwerk?
2023-03-03Betereinder deur Schalk W van Heerden is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Hy gesels ook met Freek Robinson oor sy niewinsgewende organisasie Betereinders.
Die klimaatstelsel het reeds verander, volgens klimaatkundige
2023-02-24Freek Robinson gesels met klimaatkundige Francois Engelbrecht (Universiteit van die Witwatersrand) oor klimaatsverandering op ’n plaaslike en globale vlak, die wetenskap van klimaatsverandering, en die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering.
Kan Suid-Afrika se ekonomie gered word?
2023-02-17Freek Robinson gesels met Frans Rautenbach oor sy jongste boek, Help yourself South Africa: How ordinary citizens can reform our broken economy (Footprint Press, 2023).
NG Kerk reik uit oor grense
2023-02-09Freek Robinson gesels met Jan Lubbe, voorsitter van die NG Kerk Vrystaat se sinode, en Akash Sirpal van The Reformed Church in Africa (RCA), oor die onlangse vergadering in Bethlehem tussen die Gereformeerde Kerke en hul samewerking.
Can South Africa be rebuilt?
2023-02-02Freek Robinson interviews Songezo Zibi, author of Manifesto: a new vision for South Africa (2022), about the current political situation and his view on how South Africa can be turned around.
Boerdery en beurtkrag
2023-01-27"As daar nie kos is nie, dan val jou hele ekonomie plat." Freek Robinson gesels met Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor voedselsekerheid in Suid-Afrika.
Power crisis: Will Cape Town go completely off the Eskom grid?
2023-01-17Will other metros follow the Mother City's example? Freek Robinson interviews Geordin Hill-Lewis, the mayor of Cape Town.
Die stand van die toerismebedryf
2023-01-13Die vakansieseisoen is pas verby. Is die toerismebedryf beduidend aan die herstel? Freek Robinson gesels met Anemé Malan van die Departement Toerisme.
Tyd vir die burgerlike samelewing om weer hande te vat?
2023-01-04Tim du Plessis sê Suid-Afrikaners is vandag byna weer waar ons in die tagtigs was – met ons rûe teen die muur. Toe was dit die burgerlike samelewing wat die regering gedwing het om te verander. Hoe nou gemaak? En hoe kan gewone mense help? Watter organisasies het die vermoë om ’n verskil te maak?
ANC-kieskonferensie: En nou?
2022-12-21Politieke joernalis Jan-Jan Joubert het al agt ANC-konferensies gedek. Hoe het die 2022-konferensie, wat weer op 5 Januarie 2023 hervat word, verloop? Hoe sien die politiek tans daar uit? Wat lê voor?
Eskom: Waarom word so baie herstelwerk benodig?
2022-12-15André de Ruyter het gister bedank as Eskom se uitvoerende hoof. Hy sal aanbly as uitvoerende hoof tot 31 Maart 2023. In 1998 het ’n witskrif gewaarsku dat ’n elektrisiteitstekort teen 2007 in die land ervaar sou word. Deel van die probleem mbt die baie herstelwerk is dat Eskom laegraadse steenkool in van sy kragstasies gebruik. Hoe werk die proses om krag só op te wek? Freek Robinson gesels met ingenieur Josias van der Merwe, medeprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand.
Phala Phala: Gaan Ramaphosa die pyp rook?
2022-12-07Met die ANC-kieskonferensie om die draai en na aanleiding van Ramaphosa se versoek aan die Konstitusionele Hof, gesels Freek Robinson met Anthoni van Nieuwkerk, professor in internasionale en diplomatieke studies (Unisa), oor die jongste politieke krisis.
Kabeldiefstal en SA se haglike infrastruktuur
2022-12-01Hoe lyk die ware prentjie? Freek Robinson gesels met Errol Kerst, een van die skrywers van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (SAICE) se jongste verslag oor die toestand van Suid-Afrika se infrastruktuur.
Is rassisme ingebore?
2022-12-01"Die vraag is: Hoe gebeur dit dat studente wat self nie apartheid geken het nie, tog wel rassisties optree? Jansen meen dis omdat die begrip van wit meerderwaardigheid van geslag tot geslag oorgedra word. Dit word as’t ware die 'knowledge in the blood'. Soos met ’n persoon se DNS-samestelling word vooroordele saamgesleep na ’n volgende generasie. Dit word dan versterk deur die praatjies in die binnekamer."

