Talle behoudende mense beskou FW de Klerk vandag as ’n verraaier, terwyl die meer radikale groepe hom daarvan beskuldig dat hy met bloed op sy hande gesterf het.
Freek Robinson vra vir Leon Wessels of FW de Klerk werklik sy beste gegee het op 2 Februarie 1990, in die daaropvolgende onderhandelings na ’n nuwe grondwet, en by die Waarheid-en-versoeningskommissie.
Wessels lig die sluier oor De Klerk en ander se bydraes.
Kommentaar
Baie goeie onderhoud. Goeie perspektief deur 'n eerstehandse getuie: Leon Wessels. Ek hou daarvan dat daar nie altyd selfregverdiging is nie maar sterk selfkritiek. Freek weet ook hoe.
Hoe vreemd dat daar vandag soveel “ek het jul gesê dit gaan nie werk nie-profete” is, maar wat nie ook kan of wil “profeteer” oor wat die situasie sou gewees het indien ons nié verander het nie. Ek glo waaragtig dat die keuse wat ons gemaak het, voor God reg is. Dit maak nie sin om destydse leiers verantwoordelik te hou vir die foute van vandag se leiers nie. Hulle moet self die blaam dra.