“Ons as ’n land skiet onsself met ’n dubbelloophaelgeweer in beide voete,” sê Bernard Swanepoel aan Freek Robinson in ’n kaalkop gesprek.
Hoe belangrik is mynbou in Suid-Afrika? Is die gesprek oor swart aandeelhouding ’n weerligafleier? Wat is die verliese wat gely word weens die spoorweë se vreemde besluite in die nadraai van staatskaping? Wat gebeur as ’n minister nie opdaag vir gesprekke nie? Is misdaad in die mynbou buite beheer?
Belangriker nog: Hoe kan ons mynbou uitbou om die land en al ons mense van alle rasse daadwerklik te bemagtig?

