In 1985 was Suid-Afrika bankrot onder PW Botha se bewind.
- Hoekom het groot sakeondernemings toe na Lusaka gevlieg om die ANC te sien?
- Wat het die sakereuse destyds in die ANC-hoofkwartier gevind?
- Wie het die struggle-leiers, wat swaar op Marxisme gesteun het, gehelp om ’n moderne ekonomie te verstaan?
- Wanneer het Nelson Mandela ’n moderne ekonomie begin verstaan?
- Hoe het sommige ANC-lede miljardêrs geword?
- Waarom is die land vandag weer in ’n ekonomiese gemors?
- Wat het die RET-faksie met die huidige probleme in ons ekonomie te doen?
Freek Robinson vra Pieter du Toit, skrywer van The ANC billionaires, oor die omstrede verhouding tussen kapitaal en die ANC voor, tydens en ná die land se oorgang na demokrasie. Hy wil ook by Du Toit weet oor die nuwe elite en die ANC se kultuur van beskerming.

