Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium?
Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.
Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium?
Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.
Kommentaar
Uitstekende insigte deur twee kenners wat persoonlike ervaring het van die politiese maelstroom van die gebiede onder bespreking. Kolskoot, Freek.
Objektiwiteit ontbreek dikwels by sg. kenners. Sou die uwe ambassadeur dieselfde opinie gehandhaaf het, sou hy bv. ambassadeur word in Moskou?
Soms is opinies ook net opinies.
Ek hou van jou kommentaar.
Wat jy weglaat, is dat Russies met wetgewing verbied was in Oekraïene. Ook dat Russe se plase onteien was in 2014 in Slavyansk, sodat Joe Biden se seun Hunter Biden se maatskappy gas dmv hidroliese breking ("fracking") ontgin kon word.
In die lig van bg. feite, kan Afrikaners hulself tog met meer simpatie teenoor Russe se lot in Donbass plaas. Die bollie dat Oekraïene so 'n groot handelsvennoot is, is ook dooieperd-propaganda.
Hans Richart, Navo is nog nie deel van die konflik nie. Omdat Oekraïne nie lid is nie en Viëtnam en Afghanistan ook nie.
Die storietjie dat Russies deur wetgewing verbied is, is ook 'n stukkie Russiese propaganda (liegstorie) wat gebruik word om 'n onwettige inval in 'n soewereiene staat te regverdig. Die grondwet gee erkenning aan hulle minderheidstale.
Ek verstom my dat so baie kommentators vir die Russiese propaganda geval het. Dink julle werklik dat as een land hom verbeel dat hy deur 'n hersenskim bedreig word (komplotteorie) dat dit hom regverdig om 'n soewereine staat in te val en siviele teikens aan te val.
Het julle vergeet hoe Hitler ook verskonings gebruik het Sudetenland en Pole te annekseer (onder andere ook die taal)?
Jip, Anton, ek stem saam. Ek verstom my oor hoe die Russiese propoganda geslaag het om diegene (wat nie so lank terug nie, hul lewens sou aflê om Rusland se mag te beperk), nou so pro Rusland geswaai het. Hul redenasies maak net nie sin nie, in ag genome wie hul is en waarvoor hul staan nie. En dan is hul tjomme met Rusland wat glo anti-Nazi's is!