Reguit met Robinson: Hoe lyk die Suid-Afrikaanse boekmark?

  • 4

Freek Robinson gesels met Eben Pienaar van NB Uitgewers en Marida Fitzpatrick van Penguin Random House SA oor die boekbedryf in Suid-Afrika.

  • Hoe het boeke tydens die inperking verkoop?
  • Hoe vaar Afrikaanse boeke oor die algemeen?
  • Het Suid-Afrika ’n swak leeskultuur?
  • Gaan Afrikaanse skrywers miljoenêrs word?
  • Wanneer kan ’n skrywer as suksesvol beskryf word?
  • Verkoop Engels beter as Afrikaans?
  • Wat is die rol van Kindle en selfone en ander elektroniese toestelle op die Suid-Afrikaanse boekbedryf?

Kyk na die lekker gesprek as jy antwoorde op hierdie vrae soek.

  • 4

Kommentaar

  • Nico M Ferreira

    Nog 'n suksesvolle aanbieding deur Freek Robinson - beslis aangehelp deur twee kenners te gebruik wat gebore is met "the gift of the gab" en nie bang is om 'n mening te lug nie. Ek meen, om feminisme te klassifiseer as 'n "fenomeen" verg nogals moed.
    Net jammer die rol van biblioteke in die SA-boekmark word glad nie aangeraak nie.
    Hoop net die kundiges neem kennis dat e-boeke nie gewild in SA is nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top