Kaapse Forum: Word bruin mense misbruik?

  • 6

Is die Kaapse Forum ’n afsonderlike silo vir bruin mense om AfriForum se agenda uit te voer?

Freek Robinson gesels met Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die nuwe Kaapse burgerregteorganisasie Kaapse Forum, en Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum. 

Lees ook:

Is djulle gesyp, Kaapse Forum?

Kaapse Forum ’n aparte AfriForum?

Skepties oor Kaapse Forum

  • 6

Kommentaar

  • Francis Charles Sonn

    Ek het 'n baie béter idee nou oor die Kaapse Forum. Dit sal interessant wees om die weg vorentoe dop te hou. Dit klink só na die NG Moederkerk en die NG Sendingkerk, móét ek byvoeg. Ai.

  • Benjamin Mouers

    Mens moet net waak dat jy nie jou eersgeboortereg vir 'n pot lensiesop verruil nie. Ek hoop nie hierdie inisiatief word deur Afriforum en die DA en Volksfront misbruik om die Kaap/Wes-Kaap in 'n volgende Orania te omskep nie. Meer as dit wil ek my nie graag uitlaat nie. Ek sal vir 'Afriforum light' op hierdie stadium die voordeel van die twyfel gee en ek hoop dat hierdie voertuig tot beter samewerking en verdraagsaamheid sal lei wat harmonie tussen die diverse gemeenskappe sal bevorder.

  • Sylvia Thomas

    Pragtige kommentaar, Francis en Benjamin. Met sulke waaksaamheid staan ons geboortereg dalkies 'n kans. Ons benodig inderdaad forums waar ons kan praat oor sake van belang. Let wel, ons het al begin. Ek dink met trots aan DAK en hoop die forums vat spoedig hande. Ons is nie ja-broers of -sussies nie.

  • Peter J Marais

    Hiendrich, nee man. Waarom vertel dat die Kaapse Forum sy eie ingang gaan het by Afriforum se kantoor in Durbanville? Gaan daar n bordjie ook wees wat dit sal aandui "Coloured entrance"? Dis 'n groot politieke flater van jou, gesien die sosiale media se aanvalle op jou.

  • Anelene Schoonees

    Ek wens Heinrich en die Kaapse Forum sukses en voorspoed toe. Ek, as 'n wit persoon, sal graag by hulle wil aansluit, as ons mag. Bloot om versoening te help bewerkstellig, sodat ons nader aan mekaar kan kom.

  • gerrit boonstra

    Ek is wat in die ou bedeling 'n Cape Liberal Nat genoem is. Ons sterkste kenmerk was ons totale weerstand teen sg "klein Apartheid". Kortweg het dit beteken ons is teen die inkorting van die bruinmense se burgerregte, soos wat in 1954 gebeur het met bruin stemreg, plus wette soos die ontugwet ens. Ons was wel ten gunste van 'n federale oplossing om swartmense volle burgerregte te gee in hulle gebiede. Daarom is dit maklik vir mense soos ek om 'n Kaapse Forum en 'n DAk ten volle te steun. Ek sien dit nie primêr as 'n politieke offensief nie, maar as maatskaplike drukgroep om die sosio-ekonomiese probleme van die Kaapse agtergeblewenes daadwerklik, selfs aggressief, aan te spreek. AS swartmense dink apartheid het hulle verontreg, dan maal jy dit met
    100 om die ontmensliking van die "bruin" mense te verstaan. Hierdie onreg grief my ten diepte en ek sal so goed ek kan inisiatiewe soos Kaapse Forum en DAK ondersteun.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top