Skepties oor Kaapse Forum

  • 8

Kirby van der Merwe (foto: Naomi Bruwer)

Ek staan skepties oor die Kaapse forum. Dié "bruin" telg van die AfriForum-werpsel wat asof uit die niet en met groot fanfare in ’n Sondagkoerant aangekondig word is as ’t ware in sonde gebore en ontvang.

Dit is die breinkind van ’n dinkskrum en beleidsvormers in ’n binnekamer. Die pad en einddoel bepaal en daarna, volgens die ou playbook, word "touleiers en agterryers" gekoöpteer om die wa na die beloofde land te trek. Die beloofde land? Die óú Kaapland as volkstaat. AfriForum se agenda en motiewe met die Kaapse Forum is dalk skoon en rein, maar "past action is a good predictor of future behaviour". Tog?

Lees ook:

Is djulle gesyp, Kaapse Forum?

Kaapse Forum ’n aparte AfriForum?

Kaapse Forum: Word bruin mense misbruik?

  • 8

Kommentaar

  • Pieter Fourie

    Ek stem saam, Kirby. Dit laat my dink aan die Raad van Verteenwoordigers in die dae van Eie Sake.

  • Sherrilyn Lloyd

    Amen. Ek stem volkome saam met jou, Kirby. Ander besluit, stel aan diegene wat doen wat hul sê, en na onafhanklikheid: is verdrukking weer aan die orde van die dag; tot 'n handjievol (Ou Arbeidersparty LP' s) se voordeel ...

  • AGH van der Walt

    Wonder of die reaksie dieselfde sou wees as Afriforum nie betrokke was nie. Julle beheptheid met Afriforum en apartheid laat mens koud. Maar nou ja wat anders kan mens van Afrikaners, bruin of wit, verwag?

  • Llewellyn Grootboom

    Hoor jou pel, ek is netso moeg van alle rasistiese Suid-Afrikaaners, bruin, swart en wit! Alle samewerking word met die raskanon afgeskiet voor dit nog vlieg!

  • Hans Richardt

    Ek wonder soms oor buin mense se uiteenlopende kulture. Die Kaapse Forum kan uiteenlopende sienings tog as kollektief saamsnoer en 'n geheel is tog beter as brokstukke?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top