
Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)
Elke eerste Saterdag van April vier Ann Arbor, die dorp waar die Universiteit van Michigan gesetel is, Hash Bash. Dis ’n protesaksie waar al wat leef en beef in die openbaar staan en dagga rook. Die afgelope paar jaar is die gebruik en verhandel van kannabis groot besigheid, en heeltemal wettig. Die tradisie duur egter voort. Hierdie jaar was die 50ste herdenking en alles was groter en beter, soos die goed nou maar is.
Ek was in Detroit, en het al die feesvieringe gemis, maar toe ek laatmidag terugkom in Ann Arbor het daar nog ’n ligte daggawalm oor die kampus gehang. Dalk daarom dat ek nie onmiddellik verstaan het toe ek Sondagoggend die voorblad van Rapport met die opskrif “Bruin mense kry hulle eie AfriForum” sien nie. Dit moet mos een of ander newe-effek van tweedehandse daggarook inasem wees as ’n mens drogbeelde begin sien?
Helaas nie.
Dalk een of ander fout met die opskrif en die berig self lees heel anders? Dit sal beslis nie die eerste keer wees dat iemand met sensasionele opskrifte koerante probeer verkoop nie.
Die hoop het weer beskaam.
...........
AfriForum het inderdaad ’n bruin tak gestig, en ’n gewillige en selfs trotse marionet gevind om dit te bestuur. Maar ons weet mos waar die marionettemeester hul hand sit om die pop te beheer, nè?
...........
AfriForum het inderdaad ’n bruin tak gestig, en ’n gewillige en selfs trotse marionet gevind om dit te bestuur. Maar ons weet mos waar die marionettemeester hul hand sit om die pop te beheer, nè? Ek het nog altyd gedink Heindrich Wyngaard is ’n intelligente man wat goed weet hoe om die koring van die kaf te skei. Die tyd om daai mening te hersien het nou aangebreek.
Dalk is nou ook ’n geskikte oomblik om te verklaar dat daar geen verwantskap tussen ons is nie, die van ten spyt.
Dit maak eenvoudig net nie saak uit watter perspektief ek berigte oor Kaapse Forum probeer lees nie, dit bly lyk soos ’n rasgebaseerde organisasie wat nie goed genoeg is om aan baas AfriForum se tafel te sit nie. Dit bly lyk soos ’n organisasie wat die krummels van AfriForum se tafel afskraap. Die idee dat bruin mense so verskillend van AfriForum-lede is dat hulle ’n aparte organisasie benodig, sou snaaks wees as dit nie so hartseer was nie. En die feit dat AfriForum moes stem daaroor of Kaapse Forum gestig moes word? Klink nie baie onafhanklik nie.
Wat is volgende? Voorstelle dat die Driekamerparlement dalk glad nie so ’n slegte idee was nie, want toe kon “ons” bruines darem ’n stem uitbring? Gaan ons ’n swart Oos-Kaap Forum sien? Nee, natuurlik nie. AfriForum het nog nooit belanggestel in een Suid-Afrika vir almal nie. Dis hoekom hulle so hand om die blaas is met Trump en sy MAGA-lede. Dis ook, vermoed ek, waar die “Kaap in Kaapse hande”-slagspreuk vandaan kom. Watse Kaapse hande praat ons van? Hoe lyk daai hande? Bruin, met eelte van plaaswerk doen en visvang? En watse regruk is nodig? Weet Wyngaard wie moet reggeruk word, of is dit die marrionettemeester wat sy lippe beweeg?
..............
Dis ook, vermoed ek, waar die “Kaap in Kaapse hande”-slagspreuk vandaan kom. Watse Kaapse hande praat ons van? Hoe lyk daai hande? Bruin, met eelte van plaaswerk doen en visvang? En watse regruk is nodig? Weet Wyngaard wie moet reggeruk word, of is dit die marrionettemeester wat sy lippe beweeg?
.............
Die tydsberekening vir die aankondiging het seer sekerlik niks te doen met die geweld wat in landelike gebiede uitgebreek het omdat vreemdelinge plaaswerk kry en baie bruin mense nou as gevolg daarvan sonder werk sit nie? Ek hoop regtigwaar die ander Wyngaard is nie so sinies nie.
Vervang federalisme met selfbeskikking, en die res van die taalgebruik in Kriel en Wyngaard se gesamentlike verklaring klink of dit reg uit die apartheidshandleiding kom.
Ek het my eie lysie opgestel van wie die bestuur, bestaande uit prominente bruin mense, gaan wees, en ek reken ek sal so 95% akkuraat wees. Ek is ewig dankbaar om te kan rapporteer dat ek nie eens genader was nie.
My enigste vraag aan enigeen wat hulleself beskikbaar stel om in hierdie organisasie te dien, is dit: Is djulle gesyp?
Lees ook:
Kommentaar
Vir die eerste keer stem ek volkome saam met jou. Ons voorste, gesiene mense word ingekatrol teen goeie geld per maand en ons word teruggeploeg in Apartheid. Verder spoel wittes uit ander provinsies hierheen, poste word aan hul gegee: winkels, skole, hospitale, besighede, en so word witgetalle gevoed deur ons eie bruin seniors.
Nee wat, Heinrich. Nou verstaan ek baie dinge.
Die invloei van mense in die Wes-Kaap baat die provinsie grootliks. Ongeag watter rasse hulle is. Selfs die mense van ander lande of dit nou Europa, VSA of Zimbabwe is. Dit stimuleer die ekonomie, want mense het behoeftes. En dit skep nuwe markte. Boonop bring baie mense wonderlike vaardighede. Die baie mense skep wel klimaatsprobleme en ook verkeersprobleme.
Ek dink nie die Kaapse Forum sal slaag nie. Die direkteur, mnr. H. Wyngaard, het iewers opgemerk dat die vlaag kritiek hoofsaaklik uit die middelklas kom en dat die Kaapse Forum meer op arm gemeenskappe wil fokus. Maar die Afriforum model is juis tog gebou op middelklasledegelde. Sonder die inkoop van die middelklas, sal die Kaapse Forum dus grootliks staatmaak op Afriforum se geldelike bystand. Dit is juis daardie laasgenoemde feit, die feit dat Afriforum die Kaapse Forum finansieel onderhou, wat die meeste kritici se bloed laat kook. So ek is skepties en ek wonder hoe is daar tot hierdie besluit gekom? Was dit op enige navorsing gebaseer? Of het iemand sommer so oor 'n oggendkoffie op die idee gekom? Dit is vandag so maklik om mense se menings vooraf te toets, want elkeen het 'n slimfoon en dit is goedkoop om steekproewe te doen. So ek sukkel om te sien hoe dit gaan werk, maar ek kan verkeerd wees. Ek is al baie keer verkeerd bewys. Hoe seker is die Kaapse Forum dat Afriforum sal aanhou help met geld? Op 'n dag stry die twee organisasies dalk en dan is die wittebrood ook weer oornag verby. Boonop lyk dit of die Kaapse Forum alreeds klomp vyande het. Van gewone mense tot prominentes uit verskillende uithoeke het nou al kritiek uitgespreek.
Ek verwerdig my nie om kommentaar te lewer nie.