
Danie van Wyk (foto: voorsien)
“Die bekendstelling van Kaapse Forum was onverwags en het wye reaksie vanuit verskillende oorde ontlok. Dit het gepaard gegaan met groot emosies, woede en venyn wat te verstane was, gegewe die diep wonde wat apartheid gelaat het, en die pyn wat nog so vlak lê,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.
Die aankondiging dat Kaapse Forum ’n aparte AfriForum vir bruin mense gaan wees, het die wenkbroue verder laat lig. Was dit ’n indirekte gryp na wat in die verlede bekend gestaan het as afsonderlike ontwikkeling wat die belange van bruin mense in hul eie kampie sal bevorder en bemagtig? Die blote feit dat AfriForum nie hul deure oopgemaak het vir die uitdagings wat bruin mense daagliks ervaar nie, laat dit met verdere agterdog. Die aankondiging dat ’n bekende Afrikaanse joernalis uit die bruin gemeenskap reeds as uitvoerende voorsitter van die organisasie aangestel is, was ’n skok, alhoewel daar mense is wat beweer dat hulle nie verbaas is nie.
.............
Was dit ’n indirekte gryp na wat in die verlede bekend gestaan het as afsonderlike ontwikkeling wat die belange van bruin mense in hul eie kampie sal bevorder en bemagtig? Die blote feit dat AfriForum nie hul deure oopgemaak het vir die uitdagings wat bruin mense daagliks ervaar nie, laat dit met verdere agterdog.
.............
My gevoel is dat persoonlike aanvalle op Heindrich Wyngaard nie veel bydra tot die soeke na oplossings vir die politieke dilemma waarmee talle mense in die bruin gemeenskap worstel nie. Feit is dat ons dit nie kan weg wens dat bruin mense, veral Afrikaanssprekendes, eerder samewerking met Afrikaanssprekende wit mense sal soek as met enige ander taal- of kultuurgroepering. Die ondersteuning van derduisende bruin mense vir die destydse Nasionale Party in die eerste demokratiese verkiesing in 1994 was vir baie ’n skok. Om eerlik te wees, die geskiedenis herhaal homself oor die afgelope byna drie dekades, en die DA is ’n baie gewilde politieke party onder ’n groot deel van die bruin gemeenskap. Dis feite wat ons nie kan weg redeneer nie. Ek sal dit ook nie bloot toeskryf aan wat sommige politieke aktiviste ’n “slawementaliteit” noem nie. Dit is ongelukkig nie so eenvoudig nie.
Baie bruin mense wou van meet af aan niks met die ANC en ’n swart meerderheidsregering te doen hê nie. Die feit dat die ANC-regering nie aan die verwagting van skoon regering voldoen nie, het die vertroue in die land se demokratiese regeringstrukture erg geknou en feitlik vernietig. Dit is dus nie so ongewoon en verbasend dat mense na alternatiewe soek nie. Dit is deel van die dinamika van die demokrasie. Die mense wat so erg verskil met dit waarmee Kaapse Forum besig gaan wees, behoort met alternatiewe te kom wat inklusief van aard is en nie ou apartheidswonde oopkrap nie. De uitdaging is om te verhoed dat ons, soos in die verlede, nog groter verdeeldheid onder mekaar gaan saai.
...............
Dit is dus nie so ongewoon en verbasend dat mense na alternatiewe soek nie. Dit is deel van die dinamika van die demokrasie. Die mense wat so erg verskil met dit waarmee Kaapse Forum besig gaan wees, behoort met alternatiewe te kom wat inklusief van aard is en nie ou apartheidswonde oopkrap nie. De uitdaging is om te verhoed dat ons, soos in die verlede, nog groter verdeeldheid onder mekaar gaan saai.
..............
Daar is, aan die ander kant, ook wit mense wat die daarstelling van Kaapse Forum ondersteun, wat as arrogant en paternalisties beskou kan word. Volgens hulle het wit en bruin Afrikaanses nie noodwendig dieselfde uitdagings nie, en bruin mense wil nie noodwendig ’n Afrikaner-identiteit aanneem nie.
Maar dan is daar ook diegene wat redeneer dat bruin mense eenvoudig by AfriForum ingelyf moet word, dat Kaapse Forum nie ’n aparte bestaansreg het nie, en dat dit ’n onreg sal behels om te wil aanvoer dat ’n grootliks Afrikanerorganisasie vir Afrikaanse bruin mense moet dikteer en hul belange namens hulle moet beskerm.
Deur ’n uitspraak te maak dat hulle federalisme steun en ’n federale regering in die Wes-Kaap tot stand wil bring, word Kaapse Forum onmiddellik in ’n politieke arena geplaas. Dit is ook die beleidsrigting van die Vryheidsfront Plus en die DA. Met hierdie tipe erg gelaaide politieke uitsprake het Kaapse Forum daarin geslaag om ’n groot persentasie bruin mense van hulle te vervreem. Daar word reeds gesê dat ’n nuwe sosiaal-politiese beweging (want dis hoe Kaapse Forum beskou word) die gewone man op straat nie veel gaan help nie. Hoeveel bruin mense gee werklik om of ons ’n federale of eenheidstaat is? Dit is duidelik dat die DA, Capexit, AfriForum, VF+ , en nou ook Kaapse Forum, dieselfde deuntjie rondom federalisme oftewel selfbeskikking sing, en Kaapse Forum bevind hom dus midde hierdie politieke dampkring, wat ’n demper op enige vooruitgang van hulle gaan plaas. ’n Verdere vraag is of bruin mense op hierdie pad gelei wil word. Die NP het met hul beleid van apartheid of afsonderlike ontwikkeling misluk. Is dit werklik nodig om die katastrofe te herhaal?
...............
Kaapse Forum sal moontlik ’n kans op oorlewing hê indien hulle as ’n organisasie vinnig gedepolitiseer word en dan hul fokus plaas op sake of kwessies wat hulle geïdentifiseer het om die omstandighede van bruin mense te verbeter – polities, en sosio-ekonomies. Dit is asof bruin mense in armoede gebore en ontvang is en daarom vir jare nog in die doldrums van ekonomiese agteruitgang sal verkeer. Dat iets daaraan gedoen moet word om hul situasie te verbeter, is gewis
..................
Kaapse Forum sal moontlik ’n kans op oorlewing hê indien hulle as ’n organisasie vinnig gedepolitiseer word en dan hul fokus plaas op sake of kwessies wat hulle geïdentifiseer het om die omstandighede van bruin mense te verbeter – polities, en sosio-ekonomies. Dit is asof bruin mense in armoede gebore en ontvang is en daarom vir jare nog in die doldrums van ekonomiese agteruitgang sal verkeer. Dat iets daaraan gedoen moet word om hul situasie te verbeter, is gewis. Of Kaapse Forum die aangewese instrument is om dit te doen, is nie die antwoord op hierdie oomblik nie. Toe die United Democratic Front (UDF) in Augustus 1983 geloods is, is dit gedoen op die beginsels van inklusiwiteit en demokrasie. Dit was in direkte opposisie tot die inwerkingstelling van die Driekamer- politieke stelsel soos verwoord en geïmplementeer deur die apartheidsregering as deel van hul groot plan vir bruin mense. Almal weet wat die einde daarvan was.
Op hierdie oomblik is daar meer vrae as antwoorde. Is die strewe van Kaapse Forum niks anders as ’n dekmantel vir ’n strewe na ’n onafhanklike Wes-Kaap nie? Sou dit wees, is hul strewe oneerlik en gevaarlik op menige vlak. Dit het sterk tekens van ’n terugbeweeg na die Driekamerstelsel. Die daarstelling van Kaapse Forum dui in daardie rigting. Die daarstelling van ’n nierassige demokratiese Suid-Afrika moet te alle tye ons gesamentlike strewe wees soos vervat in ons landsleuse/-kredo, “Eenheid in verskeidenheid”.
Ek sal die reg op vryheid van assosiasie respekteer soos in die Grondwet gewaarborg word, maar dit beteken nie dat ek met alles saamstem wat in baie gevalle op ons afgedwing word nie. Kaapse Forum moet daarteen waak dat hulle nie as ’n organisasie gesien word wat hulle wil op die mense afdwing nie. Dit sal fyn voetwerk kos om hierdie vlieër te laat vlieg en in die lug te hou.
Ten slotte: As uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk wil ek dit duidelik stel dat DAK nie by AfriForum geregistreer is nie, nog minder by Kaapse Forum.
Daar was individue wat baie vinnig uit die wegspringblokke was om DAK Netwerk by Kaapse Forum te betrek. DAK is ’n onafhanklike nieregeringsorganisasie en kultuurorganisasie waarvan die fokus en doelstellings nie op dieselfde vlak val as dié van Kaapse Forum nie.
Danie van Wyk, Uitvoerende voorsitter, DAK Netwerk
Lees ook:
Kommentaar
Ten gunste van beide forums. Bruinmense altyd laaste om aan die vark se speen te suig, bv tenders en werksgeleenthede. Bruinmense het weinig stem in die politiek. En kan die Bruinmense gaandeweg hulle bitterheid en voortploetery uitroei? En trots hulle identiteit najaag?
Ek dink ons moet hulle 'n kans gee.
Ons Bruinmense se probleem en uiteindelike redding is dat ons moet besluit of ons met die huidige bevoordeeldes gaan saam werk of met die vorige bevoordeeldes. Probleem is dat huidige bevoordeeldes vat so baie dat ons as Bruinmense dalk net die krummmels sal kan deel terwyl die vorige bevoordeeldes deur verskeie faktore so goed daaraan toe is dat hulle jou sal laat skep ... soveel as wat jy wil, want hulle self weet nie waar die einde van hul fortuin is nie.Taal speel egter hier 'n BAIE groter rol as ons dit net wil erken.
Ons het nou al als probeer, so ‘n federale stelsel lyk dit vir my of minderhede baie meer beskerning geniet en dat nommers meer op Nasionale vlak grootliks tel. Maar ... dat jy, in jou provinsie of staat, jouself met jou eie wette regeer klink na ‘n beter opsie as in ‘n eenheid staat waar juis die nommers vir en oor jou besluit.
Ons sal egter deur die slim mense gelei moet word. Hulle sal ons moet oplei sodat selfs ‘n graad 7 kind federalisme sal verstaan. Die voorbeelfde van lande waar dit tans werk is legio!
Ek sal graag meer wil weet hoe mnre Van Wyk die en Wyngaard die doelstellings van DAK en van Kaapse Forum as verskillend beskou. En kan en sal hulle saamwerk om die gemeenskaplike sake suksesvol uit te voer? Op 'n persoonlike vlak sal ek graag wil weet of ek as witmens welkom is as lid by hulle?