
Die AfriSol-afvaardiging na Washington: Politieke spel of etniese verteenwoordiging?
2025-03-12Is "die Afrikaners" die slagoffers van onder meer kulturele bedreiging in Suid-Afrika? Word verdeeldheid tussen Suid-Afrikaanse burgers op grondvlak gesaai? Word AfriForum deur die ANC "gekanselleer"? Waar pas Kaapse Forum in die prentjie? Freek Robinson gesels met Kallie Kriel (AfriForum) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).

Kallie Kriel gesels oor sy gesprek met Nommer Een
2024-09-18Toe Kallie Kriel ’n oproep van die President kry, was hy vir ’n oomblik oortuig dis Leon Schuster wat met hom spot. Tog was dit nie. Vir 35 minute het die twee met mekaar gesels. In hierdie onderhoud vertel Kriel aan Freek Robinson waarom hy dink die President het die erns van die situasie ingesien, en hy verduidelik ook hoe die volgende drie maande daar gaan uitsien.

Kaapse Forum: Word bruin mense misbruik?
2022-04-06Is die Kaapse Forum ’n afsonderlike silo vir bruin mense om AfriForum se agenda uit te voer? Freek Robinson gesels met Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die nuwe Kaapse burgerregteorganisasie Kaapse Forum, en Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum.