Korrupsie in die polisie
2025-07-17Freek Robinson het met Lizette Lancaster van die Institute for Security Studies (ISS) gesels om te hoor: Is daar moontlik korrupsie in die polisiediens? Is daar politieke druk op die polisiediens? Wat word gedoen aan die probleme in die diens? En hoe kan gewone mense betrokke raak by die bekamping van misdaad?
Trump-tariewe en die sitrusbedryf
2025-07-08VSA-president Donald Trump het vandeesweek ’n 30%-tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA aangekondig wat vanaf 1 Augustus in werking tree. Freek Robinson gesels met Gerrit van der Merwe, bestuurshoof van Summer Citrus in Citrusdal, oor die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf.
Kernwapens en internasionale politiek
2025-07-03Is daar iewers ’n rooi knoppie wat gedruk kan word en siedaar, daar breek die Derde Wêreldoorlog uit? Kan kernwapens, ironies genoeg, vrede bewerkstellig? Watter voordele het kernkrag? Eben Coetzee skets vir Freek Robinson ’n meer genuanseerde prentjie teen die agtergrond van die onlangse konflik tussen Iran, Israel en die VSA.
Reguit met Robinson: Trump, Israel en Iran
2025-06-25Die Navo-spitsberaad vind tans in Den Haag, Nederland plaas terwyl groot spanning in die Midde-Ooste heers ná Israel se aanvalle op Iran en Amerika se bombardering van Irannese kernaanlegte. Boonop het Iran uit weerwraak die Amerikaanse basis in Katar met missiele bestook. Freek Robinson bespreek dié plofbare situasie met politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk.
Raak asseblief betrokke by jou plaaslike skool
2025-06-23Hoe kan gewone mense ’n verskil maak aan die onderwys? Jaco Deacon het talle voorstelle vir ouers, sakelui en gemeenskapsleiers wat graag betrokke wil raak.
What are the alternatives to BBBEE?
2025-06-11Ismail Joosub is the manager of Constitutional Advancement at the FW de Klerk Foundation. He tells Freek Robinson that BBBEE has created 100 extremely rich individuals in South Africa, but has done little to nothing for the poor. What, then, are the alternatives?
The importance of diversity and foreign views at Harvard and other universities
2025-06-04Denise Zinn is an alumnus of Harvard University and plays an active role in university management in South Africa. She tells Freek Robinson about the liberating effect Harvard had on her own development, and also reflects on the importance of continued research, worldwide, and the contribution that foreign students make to any university.
Die toekoms is nie meer dieselfde nie
2025-05-28Freek Robinson gesels met die Pieter Geldenhuys, ’n elektroniese ingenieur, oor kunsmatige intelligensie. Die gesprek handel oor robotte wat die huis skoonmaak, outonome wapenstelsels wat ’n moord kan pleeg, taalmodelle wat jou sal help as jy jou eggenoot kwaad gemaak het, en ook oor verhoogde produktiwiteit.
Suid-Afrika aan die politici: Ons soek werk!
2025-05-21Volgens die peiling is kiesers glad nie so verdeeld volgens ras as wat sommige groepe ons wil laat glo nie, en die meeste wil hê die regering moet ’n ekonomie steun wat werkskepping sal stimuleer.
Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?
2025-05-15Waarom word bruin Afrikaanssprekendes by Trump se uitvoerende bevel uitgesluit? Hoe definieer die Verenigde Nasies vlugteling? Hoe gaan die vergadering tussen president Ramaphosa en president Trump moontlik verloop? In hierdie onderhoud met politieke ontleder Theo Venter kom ook onderwerpe soos Nampo, grondonteiening, misdaad op plase, werksgeleenthede in Suid-Afrika en assimilasie in die VSA onder die loep.
Raskwotas en rasteikens?
2025-05-07Die DA het die ANC hof toe geneem oor die Wysigingswet op Onbillike Indiensneming en Arbeid. Freek Robinson het met Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, oor hierdie kwessie gesels.
Daar is hoop as ons saamwerk
2025-05-01Dit gaan beroerd in die onderwys, maar Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, sê daar is hoop, veral wanneer ouers bereid is om met skole en onderwysers saam te werk. Freek Robinson vra hom ook: Wat sou jy verander as jy kon?
Staak!
2025-04-24’n Algemene staking dreig by die Suid-Afrikaanse spoorweë en in ons hawens. Dit kan die land, wat reeds ekonomies swaarkry, R8 miljard per dag aan verliese kos. Robinson vra: Waarom wil julle staak en watter alternatiewe wil die unie voorstel?
RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus
2025-04-16Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het plaasgevind te midde van die begrotingstwis binne die RNE. In dié peiling is die ANC vir die eerste keer as die populêrste party onttroon. Freek Robinson gesels met VF Plus-leier Corné Mulder oor die huidige en breër politieke landskap.
Die Trump-tariewe
2025-04-09Trump se tariewe het ekonomiese skokgolwe op globale vlak veroorsaak. Is ʼn resessie op pad? Wat staan Suid-Afrika te doen? En wat van Agoa? Freek Robinson gesels met die ekonoom Roelof Botha oor die VSA se skitterende gebrek aan ekonomiese insig.

