Die DA het die ANC hof toe geneem oor die Wysigingswet op Onbillike Indiensneming en Arbeid. Freek Robinson het met Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, oor hierdie kwessie gesels. Robinson wou weet: Wat is die DA se probleem met die wet? Wat is die verskil tussen raskwotas en rasteikens? En hoe op aarde bestuur ’n mens ’n RNE wanneer een party ’n ander hof toe sleep?

