Willie Aucamp

Willie, wat in die regte studeer het, is ’n parlementslid en ook die DA se nasionale woordvoerder. Hy het tot 2024 gedien in die gekose komitees vir finansies en toedelings, asook in die komitee vir grondwetlike hersiening en die landdrostekommissie. In 2024 is hy verkies as parlementêre sweep vir die DA, en nou dien hy ook in die portefeuljekomitee vir landbou, waar hy as boer uit eie reg sy passie en liefde vir ons landbousektor uitleef.

Nasionale Dialoog: Ons moet gesels, maar nie so nie

Freek Robinson, Willie Aucamp Onderhoude 2025-08-14

Willie Aucamp van die DA sê sy party is ten gunste van gesprekvoering, veral die soorte gesprekke waar gewone mense ook seggenskap kry. Ten spyte hiervan verwerp die DA die President se Nasionale Dialoog. Freek Robinson vra: Waarom? En: Is daar ’n ander opsie?

Raskwotas en rasteikens?

Freek Robinson, Willie Aucamp Onderhoude 2025-05-07

Die DA het die ANC hof toe geneem oor die Wysigingswet op Onbillike Indiensneming en Arbeid. Freek Robinson het met Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, oor hierdie kwessie gesels.

Top