Of volg hierdie skakel: https://www.youtube.com/watch?v=E8p-l4XJfR0
Die minister van basiese onderwys het riglyne gepubliseer wat kan help om die Bela-wet te verstaan en te implementeer. Freek Robinson het met Jaco Deacon van Fedsas gesels om meer inligting te kry.
Robinson vra toe ook: Hoe kan gewone mense ’n verskil maak aan die onderwys? Deacon het talle voorstelle vir ouers, sakelui en gemeenskapsleiers wat graag betrokke wil raak.


Kommentaar
Dankie vir hierdie besondere bespreking. Dit kom in kort dus neer op desentralisasie, terwyl daar diepe ideologiese verskille bestaan, klink dit uit die bespreking asof vordering wel gemaak word. Mens wonder egter wat 'n volgende minister se benadering sal wees. Ongelukkig is dit vir groot getalle mense ook nie moontlik om betrokke te wees by skole nie. Terwyl sommige seker apaties is, is baie ander mense gewoon te besig om 'n lewe te probeer maak. Werk te lang ure. Soos in die bespreking aangedui, is mense is ook geneig om hulle kinders ver weg te stuur vir skoolopleiding. Dit word gewoonlik gedoen met goeie bedoelinge, maar so skuif daardie ouers effektief hulle verpligtinge op die skole en die onderwysers af.