Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Daar is hoop as ons saamwerk

Freek Robinson, Paul Philip Sauer Onderhoude 2025-05-01

Dit gaan beroerd in die onderwys, maar Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, sê daar is hoop, veral wanneer ouers bereid is om met skole en onderwysers saam te werk. Freek Robinson vra hom ook: Wat sou jy verander as jy kon?

A sense of direction

Anthony Akerman, Athol Fugard Interviews 2025-05-01

"I asked if I could interview him about directing before he returned home, and he readily agreed. I opened a bottle of Beaujolais Nouveau and turned on the tape recorder. I was 32 and Athol was 49."

The ephemeral nature of things: ’n onderhoud oor ’n kunsuitstalling, die natuur en die kortstondigheid van die lewe

Naomi Meyer, Laurette de Jager Kuns 2025-04-25

"Ek dink nie dat ek probeer om die kyker se verhouding met die aarde te verander nie, soseer as wat ek probeer om aandag te vestig op die feit dat die gevoelens van verlies en rou wat hulle moontlik ervaar, te wyte kan wees aan klimaatdroefheid. Vir my is dit belangrik om ’n gemeenskap van sorg te bou – vir mekaar en vir die wêreld. Om te weet dat ’n mens nie alleen in jou rou is nie, is belangrik."

Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak

Naomi Meyer, Gys Visser Kopiereg-wetsontwerp 2025-04-24

"Enige persoon wat inkomste verdien uit die vrugte van hul kreatiwiteit, soos ’n skrywer, benodig wetgewing wat dit vir hulle moontlik en volhoubaar maak. Kopieregwetgewing moet dus aanhou om kreatiwiteit te beskerm en skeppende mense aanspoor om aan te hou skep en vernuwe (want die samelewing in die geheel vind baat daarby)."

Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien

Maryke Roberts, Carlo Daniels Suidoosterfees 2025-04-24

"Die stuk is baie opwindend. Dit verdien sy plek op die verhoog; dit gryp die verbeelding aan, maar dit handel ook oor temas van armoede, klas en baie ander aspekte van die lewe binne in ’n sisteem."

Staak!

Freek Robinson, Cobus van Vuuren Onderhoude 2025-04-24

’n Algemene staking dreig by die Suid-Afrikaanse spoorweë en in ons hawens. Dit kan die land, wat reeds ekonomies swaarkry, R8 miljard per dag aan verliese kos. Robinson vra: Waarom wil julle staak en watter alternatiewe wil die unie voorstel?

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise

Johann Rossouw, Jo Prins, Francois Bekker Seminare en essays 2025-04-17

Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.

Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg

Jannike Bergh, Cornelia van der Berg Onderhoude 2025-04-17

"In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as 'reg' of 'verkeerd' beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink."

RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus

Freek Robinson, Corné Mulder Onderhoude 2025-04-16

Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het plaasgevind te midde van die begrotingstwis binne die RNE. In dié peiling is die ANC vir die eerste keer as die populêrste party onttroon. Freek Robinson gesels met VF Plus-leier Corné Mulder oor die huidige en breër politieke landskap.

Bergklimmer, voorligtingsielkundige, navorser, artikelskrywer: wie is Handré Brand?

Naomi Meyer, Handré Brand Onderhoude 2025-04-15

"Die 76 meningstukke wat ek vir LitNet geskryf het sedert my aftrede, kan ek sowaar almal nog onthou."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: onderhoud met Ullrich Kleinhempel oor die Indiese en Neoplatoniese bronne van die Ortodokse stilgebed

Johann Rossouw, Ullrich Kleinhempel Seminare en essays 2025-04-11

In hierdie videogesprek praat Johann Rossouw en Ullrich Kleinhempl oor Ullrich se navorsing.

"Dit het begin by my liefde vir boeke en lees": ’n onderhoud met Marga Stoffer

Naomi Meyer, Marga Stoffer Onderhoude 2025-04-10

"Vir my persoonlik voel dit ook asof ’n siklus voltooi is: Ek het by NB begin in die tyd van die samesmelting van Tafelberg en Human & Rousseau, en ek verlaat NB wanneer dit deel word van Jonathan Ball Publishers."

Die Trump-tariewe

Freek Robinson, Roelof Botha Onderhoude 2025-04-09

Trump se tariewe het ekonomiese skokgolwe op globale vlak veroorsaak. Is ʼn resessie op pad? Wat staan Suid-Afrika te doen? En wat van Agoa? Freek Robinson gesels met die ekonoom Roelof Botha oor die VSA se skitterende gebrek aan ekonomiese insig. 

Diplomasie op die afgrond

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2025-04-02

Wat gaan aan in die Regering van Nasionale Eenheid? Hoekom op dees aarde kan hulle nie die begroting goedkeur nie? En hoekom is daar skielik ’n klomp Suid-Afrikaanse sakemanne en oudpolitici in Washington besig met agterdeurpolitiek?

Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet

Izak de Vries, Edmund Jeneker Suidoosterfees 2025-04-02

"Met die aanloop tot die hooffees elke jaar, is daar verskeie projekte wat daarop gemik is om ons kinders en jongmense en veral ook voorheen agtergeblewe gemeenskappe en skole meer toegang tot die kunste te bied."

Ideologiese dryfkragte: Amerika en Suid-Afrika

Freek Robinson, Christo van der Rheede, Francois Wilken Onderhoude 2025-03-26

Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Francois Wilken (Vrystaat Landbou) gesels met Freek Robinson oor ideologiese dryfkragte in Suid-Afrikaanse en Amerikaanse geledere en die impak daarvan op die huidige diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA. Grondvlakkwessies wat Suid-Afrikaanse burgers en boere raak, asook Trump se globale geopolitiese magspel, word ook onder die loep geneem. 

Ons soldate in die DRK

Freek Robinson, Pikkie Greeff Onderhoude 2025-03-19

Suid-Afrikaanse soldate sit steeds onder haglike toestande in hulle basisse – sonder gereelde kos, sonder sanitasie en sonder gereelde kontak met Suid-Afrika. Wat nou? Wat is die regsposisie in so ’n geval? Sou hierdie soldate ’n regsgeding teen die regering kon bring?

Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2025-03-19

"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."

Katinka Heyns deur die Indiese Filmfees in Suid-Afrika vir lewensbydrae vereer: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Katinka Heyns Onderhoude 2025-03-17

"Ek was van kleins af verlief op stories."

Die AfriSol-afvaardiging na Washington: Politieke spel of etniese verteenwoordiging?

Freek Robinson, Kallie Kriel, Barend la Grange Onderhoude 2025-03-12

Is "die Afrikaners" die slagoffers van onder meer kulturele bedreiging in Suid-Afrika? Word verdeeldheid tussen Suid-Afrikaanse burgers op grondvlak gesaai? Word AfriForum deur die ANC "gekanselleer"? Waar pas Kaapse Forum in die prentjie? Freek Robinson gesels met Kallie Kriel (AfriForum) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).

Top