Onderhoude
Interviews about topical issues
Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?
2026-03-03In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.
Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar 2026: ’n onderhoud met Anro Schutte
2026-03-02"Vir my is ’n smaakmaker nie net iemand wat sê 'koop hierdie boek' nie. Dis iemand wat konteks gee. Wat gesprek begin. Wat ’n brug bou tussen skrywer en leser. Dis nie oor hype nie, dis oor eerlike aanbeveling en betekenisvolle gesprek."
Kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2026 by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud
2026-01-22"Ek sê altyd: Kinderboeke is nie kinderspeletjies nie, maar met hierdie kursus kan jy jou drome vlerke gee. En boonop is dit vreeslik baie pret!"
Is Afrikaners slagoffers?
2025-10-30Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het. Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.
Dokkie vertel wie die ware Leon Schuster is
2025-10-29"Leon Schuster is ’n nasionale skat en seker naas Madiba, oor generasies heen, die bekendste mens in Suid-Afrika," sê Rian van Heerden, vervaardiger van Schuster. Maryke Roberts gesels met hom en Leon Schuster oor dié kykNET-reeks.
Is Ozempic die wonderkuur?
2025-10-22Die media gons oor Ozempic, maar werk dit regtig? Waarom is Hollywood so verlief op die middel? Wat is die nadele, indien eniges? Dit is die vrae wat Freek Robinson aan die mediese spesialis Helmuth Reuter stel.
Sal Unite for Change kan saamwerk?
2025-10-16Unite for Change is ’n nuwe politieke party nadat Good, Rise Mzansi en Build One South Africa (Bosa) besluit het om saam te werk. Tans het die drie partye gesamentlik ongeveer 1% van die kieserstem. Freek Robinson vra vir Theo Venter of die nuwe groep se leiers sal kan saamwerk en dalk selfs hulle steun sal kan laat styg.
Kan jy nou makliker afgelê word?
2025-10-08Op 4 September 2025 het ’n nuwe kode in werking getree wat met ontslag en afleggings verband hou. Freek Robinson het met Pieter Human, ’n kenner op die gebied van afleggings, gesels. Wat het verander en sal ’n werkgewer voortaan makliker van werknemers ontslae kan raak?
Die kunste en staatsbefondsing
2025-10-02Is daar genoeg staatsgeld vir die kunste? Indien wel, word dit reg gekanaliseer? Wat is die probleem met die infrastruktuur en beloftes vanuit regeringsgeledere? Waar pas vlagskipfeeste soos die Nasionale Kunstefees, Open Book Festival, Suidoosterfees en die Kaapstadse Internasionale Jazzfees in hierdie prentjie? Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), skets die breër prentjie vir Freek Robinson.
Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?
2025-09-25Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.
Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha
2025-09-22"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.
Ja vir KI in die skeppende bedryf!
2025-09-17Hy gebruik KI, en ons moet ons kinders nou al leer hoe om KI korrek te gebruik. Só sê Deon Opperman aan Freek Robinson. Om KI te ignoreer is soos om perd te ry as jy ’n motor kan besit.
Die stand van Afrikaans
2025-09-10Verskeie inheemse Suid-Afrikaanse tale is reeds volwaardige akademiese tale, maar wat van Afrikaans? Naas Engels was Afrikaans vir lank die enigste ander akademiese taal, maar talle dink dat ons agteruitboer. Annelise de Vries gesels met Freek Robinson.
Ons polisie kom met baie eisj!
2025-09-03Die beweerde onbeholpenheid en korrupsie van talle senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens hou skynbaar net nie op nie. Selfs Cyril Ramaphosa het onlangs sy onvergenoegdheid uitgespreek. Ramaphosa se voorgestelde kommissie van ondersoek na beweerde korrupsie in die polisie kom ook nie aan die gang nie.
Podsending: Meningspeilings en die stembus
2025-08-28In ʼn onlangse DA-peiling het ANC-steun op nasionale vlak tot onder 30% geval. Freek Robinson gesels met politieke ontleder Piet Croucamp oor onder meer die akkuraatheid van sulke meningspeilings, die stand van die ANC en Suid-Afrika se benarde situasie.
’n Onderhoud met André Terblanche, bestuurder van die Breytenbach Sentrum
2025-08-21"Ons wonderlike bedryf kan gesond en voortvarend wees as ons seker maak skrywers, kunstenaars en onderwysers het ordentlike fasiliteite, sodat hulle kan fokus op dít waarin hulle goed is en waarvoor hulle lief is. So word daardie wonderlike begeerte om ’n verskil te maak nie geblus deur die beslommernis van admin, kommunikasie, bemarking en die inrigting van fasiliteite nie."
kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud
2025-08-21"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."
Alaska en die Withuis-vergadering
2025-08-20Zelenski, Trump en Poetin is weer in die nuus. Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, oor hoe diplomatieke betrekkinge tans daar uitsien.
Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus
2025-08-19"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jouself nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."
kykNET Silwerskermfees 2025: My f*k Marlize – ’n onderhoud
2025-08-18"Ons het doelbewus elemente van vermaak ingesluit, maar altyd met die Horns se essensie in gedagte. Die film moes voel soos ’n tuisvideo – eerlik en intiem."
