Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Pharos se grondslagfasewoordeboeke: ’n onderhoud met Annemie Stoman en Delana Fourie

Naomi Meyer, Annemie Stoman, Delana Fourie Onderhoude 2025-03-07

"Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."

Europa + Zelenski, Trump en Poetin

Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk Onderhoude 2025-03-05

Dit is tans ’n baie gevaarlike tyd in die internasionale politiek, aldus politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk. Hy bepleit ’n terugkeer na sogenaamde outydse diplomasie.

Tuiskoms: hoe Afrikaans op Netflix tuiskom

Naomi Meyer, Louis Pretorius TV 2025-03-05

"Dit het begin met die feit dat Netflix begin belangstel het in Afrikaans as ’n mark en ’n storietaal."

Europa en Amerika

Freek Robinson, Heinrich Matthee Onderhoude 2025-02-26

’n Historiese wending in die verhouding tussen Amerika en Europa is besig om plaas te vind. Politieke ontleder Heinrich Matthee vertel vir Freek Robinson meer.

Die Adam Small-gedenklesing en voorsitterskap van die SBA: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2025-02-20

"Sal Kaaps ooit deel word van die kurrikulum? Is daar jonger skrywers wat Small se oeuvre verder gaan neem? Hoe sien bruin mense hul toekoms met Afrikaans?" Michael le Cordeur, die nuwe voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), praat hieroor – asook oor die Adam Small-gedenklesing, dié naweek by die Adam Small-fees. 

Rasseverhoudinge in Suid-Afrika: verdoemend of versoenend?

Freek Robinson, Hermann Pretorius Onderhoude 2025-02-19

Hoe ervaar gewone Suid-Afrikaanse burgers rasseverhoudinge en rassisme in Suid-Afrika? Hermann Pretorius, hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), gesels met Freek Robinson oor die bevindinge van een van hul jongste meningspeilings. Hoe geloofwaardig is so ’n peiling? Pretorius lewer ook kommentaar oor Trump se presidensiële bevel en die gevolglike fokus op rasseverhoudinge in Suid-Afrika. 

Die Adam Small Boekefees 2025: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2025-02-19

"En mense moenie Willem Fransman jr se opvoering van Adam Small se werk misloop nie. Nee wat, letterlik elke sessie by vanjaar se fees is ’n hoogtepunt." 

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: LitNet se Skole-afdeling (LitNet Akademies)

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede Akademies en skole 2025-02-13

In hierdie LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Menán van Heerden oor LitNet se Skole-afdeling, komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo en LitNet se ope uitnodiging aan onderwysers. Fatima Allie gesels met die Barakat-span oor komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo, en die Afrikaanse Taalraad se ope uitnodiging aan onderwysers.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Kaylene Plaatjies

Braam Peens, Kaylene Plaatjies Boeke en skrywers 2025-02-11

Hierdie onderhoud met Kaylene Plaatjies is die sewentiende en laaste aflewering oor ons biblioteke.

Trump se uitvoerende bevel en die Onteieningswet: Wat nou?

Freek Robinson, Johann Kotzé Onderhoude 2025-02-10

Fokus op landbou in Suid-Afrika, nie politiek, ideologie en etnisiteit nie, benadruk Johann Kotzé (hoof- uitvoerende beampte van Agri SA). Daar moet eerder lig gewerp word op die rol van Agoa, ’n inklusiewe landbousektor en die volhoubare produsering van voedsel.

Trump, grondonteiening, MIV/VIGS en tariewe

Freek Robinson, Jannie Rossouw Onderhoude 2025-02-05

Wat gaan gebeur indien Amerika hulp aan Suid-Afrika permanent staak en Suid-Afrika AGOA-voordele verloor? Ekonoom Jannie Rossouw skets die groter prentjie vir Freek Robinson.

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: die jaar wat was en die jaar vorentoe

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Fatima Allie, Conrad Steenkamp Onderhoude 2025-01-31

LitNet-insetsel-mede-aanbieders, Menán van Heerden en Robyn van de Rhede, het saam met Fatima Allie (Radio 786) en Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad) gesels oor 2024 se LitNet-insetsels en Barakat-programme en wat vir 2025 beplan word.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Daniel Arendse

Braam Peens, Daniel Arendse Boeke en skrywers 2025-01-29

"Ons koördineer ons gemeenskapsuitreikpogings om programme te verskaf wat in die behoeftes van ons mense voorsien." Hierdie onderhoud met Daniel Arendse is die sestiende aflewering oor ons biblioteke.

SA se soldate in die DRK

Freek Robinson, Abel Esterhuyse Onderhoude 2025-01-29

Suid-Afrika se soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is in die moeilikheid. Freek Robinson gesels met Abel Esterhuyse (Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch) oor hul benarde situasie.

Trump en Suid-Afrika

Freek Robinson, Jakkie Cilliers Onderhoude 2025-01-22

Donald Trump is die afgelope Maandag as die 47ste Amerikaanse president beëdig. Wat beteken die Trump-presidensie vir Suid-Afrika? Freek Robinson praat met Jakkie Cilliers (Instituut vir Sekerheidstudies).

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Johann Rossouw, Jean Oosthuizen Onderhoude 2025-01-20

"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika. 

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Charlotte Manuel

Braam Peens, Charlotte Manuel Onderhoude 2025-01-16

"Kinders kan nou ook hul opvoedkundige programme kom doen, byvoorbeeld Greenshoots, ’n aanlyn wiskundeprogram wat laerskole gebruik en wat ook op ons rekenaars beskikbaar is. Ons het ook ons gebruikers wat aanlyn vergaderings bywoon, onderhoude doen en werksoekers kom sien watter geleenthede daar is. Ons as kleindorpiebiblioteke bied lewensbelangrike dienste aan ons gemeenskappe, omdat almal nie toegang elders het tot al hierdie geriewe nie." Hierdie onderhoud met Charlotte Manuel is die vyftiende aflewering oor ons biblioteke.

Is matriek regtig die towerstaffie?

Freek Robinson, Alana Bailey Onderhoude 2025-01-15

Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.

Roelf Meyer oor Niël Barnard die strateeg en spanspeler

Izak de Vries, Roelf Meyer Onderhoude 2025-01-15

"Intelligensie het voortdurend insette gelewer. Onder andere Niël, maar ook van die analiste uit intelligensie. ’n Verskeidenheid van hulle. Dit is ouens wat vir ons regtig baie, baie bruikbare inligting op ’n deurlopende basis kon gee."

NB-Uitgewers en Jonathan Ball Publishers gooi kragte saam

Jean Oosthuizen, Eugene Ashton Onderhoude 2025-01-14

"Ons is Suid-Afrikaanse uitgewers en ons gee boeke uit vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor – dit bly ons primêre mark en deurentyd word kulturele en gemeenskaplike waardes vooropgestel."

Top