Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis

Maryke Roberts, Irma du Plessis Onderhoude 2024-02-19

"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."

Kinders wat lees en die publikasie van kinderboeke in elke kind se moedertaal: ’n onderhoud met Leoné Tiemensma

Naomi Meyer, Leoné Tiemensma Onderhoude 2024-02-19

"Suid-Afrika is een van die mees ongelyke lande in die wêreld, en dit word ook weerspieël in 'kinders wat lees'."

Staatsrede 2024

Freek Robinson, Roelof Botha Onderhoude 2024-02-14

Suid-Afrikaners gaan in die 30ste jaar van demokrasie binnekort stembus toe. Gaan die 2024-verkiesing ’n waterskeiding wees? Freek Robinson gesels met ekonoom Roelof Botha oor die ware stand van die nasie.

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Susann Louw

Naomi Meyer, Susann Louw Onderhoude 2024-02-13

"My inspirasie kom van my belangstelling in gender, maar ook die waarneming dat die media, samelewing en gender in ’n konstante en vervlegte verhouding tot mekaar ontwikkel en verander."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Nicolette Steyn

Naomi Meyer, Nicolette Harmse Steyn Onderhoude 2024-02-13

"Talle referate wat op die kongres gelewer is, het gehandel oor Afrikaanse taalverwerwing en uitspraakwenke vir tweede- of vreemdetaalsprekers. Dit was vir my baie interessant, omdat ek self met tweede- en derdetaalstudente werk, en die feit dat daar tans so baie navorsing in dié veld gedoen word, is verblydend."

Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum

Menán van Heerden, Ena Jansen Onderhoude 2024-02-12

Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.

LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: onderrig in die tale wat kinders en studente tuis praat

Naomi Meyer, Asambese Mkumatela Onderhoude 2024-02-12

"Vir my lyk ’n ideale skool- of universiteitsomgewing meertalig."

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Natasha Harmse

Naomi Meyer, Natasha Harmse Onderhoude 2024-02-12

"Ek stel belang in die maniere waarop literêre tekste, veral gedigte, inmekaarsteek. Daarom benader ek hierdie tekste soos wat ’n motorwerktuigkundige dalk ’n enjin sal benader: Ek wil ’n werkende masjien uitmekaarhaal en die onderdele bekyk voordat ek dit weer aanmekaarsit."

Kan ’n samelewing gedra word met slegs maatskaplike toelaes?

Freek Robinson, Renier Koegelenberg Onderhoude 2024-02-07

Maatskaplike dienste in die land is in ’n krisis. Na raming is daar ’n tekort aan meer as 50 000 maatskaplike werkers. Hoe gemaak? Freek Robinson gesels met Renier Koegelenberg, hoof- uitvoerende beampte van die Cape Development and Dialogue Centre Trust (CDDC).

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Allison Matroos

Naomi Meyer, Allison Matroos Onderhoude 2024-02-06

"My navorsing gaan oor die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas om die taalaanleerproses vir taalaanleerders te vergemaklik. My leefwêreld en taalbegrip is deur middel van gedigte verryk en ek wou aan ander die geleentheid bied wat ek gehad het."

LitNet Akademies Weerdink: Bystanddood

Menán van Heerden, Willem Landman Onderhoude 2024-02-05

Die jongste in die nuus oor bystanddood: Carol de Swardt het op 63 met bystand by Pegasos-kliniek in die Switserse dorp Liestal gesterf na ’n lang stryd met velkanker. Bystanddood is onwettig in Suid-Afrika. Wat is die opsies as ’n familielid navraag doen oor bystanddood / dit baie sterk oorweeg? Wat staan ouers te doen met betrekking tot ’n ongebore of ’n pasgebore baba met fatale defekte? Is daar deesdae groter begrip vir bystanddood in Suid-Afrika? Menán van Heerden gesels met Willem Landman oor hierdie kwessie. 

Ontgroening, insouting, doop, inburgering? ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Eduard Potgieter

Naomi Meyer, Eduard Potgieter Onderhoude 2024-02-02

"Moenie vashou aan geykte gebruike net omdat die old boys/girls of groot borge jou dwing nie. Wees werklik ’n agent van verandering. Daardeur sal die vloek van ontgroening gebreek word."

Reguit met Robinson: Waarom ontgroening?

Freek Robinson, Louis Awerbuck Onderhoude 2024-01-31

’n Storm het losgebars op die Matie-kampus in Stellenbosch oor beweerde ontgroeningspraktyke by die Wilgenhof-manskoshuis. Freek Robinson gesels met die kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die sielkunde rakende algemene ontgroeningspraktyke.  

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Anke van der Merwe

Naomi Meyer, Anke van der Merwe Onderhoude 2024-01-30

"Die ikoniese Breyten Breytenbach se Afrikaanse poësie en laatwerk, en korpuslinguistiek is die fokuspunte van my navorsing."

Power politics in the Middle East: How the global North-South divide capitalises on trauma

Jannike Bergh, Matthieu Rey Interviews 2024-01-26

"South Africa’s case against Israel is very important and symbolic for the world. This is my opinion as someone from the global North: It demonstrates the possibility of real cosmopolitanism, the only answer to racism."

Regsopleiding, toegang en sukses vanuit ongelyke omstandighede: Leani van Niekerk praat oor inkom en deurkom

Naomi Meyer, Leani van Niekerk Onderhoude 2024-01-25

"Om verantwoordelikheid te neem om ’n verskil te probeer maak. Dalk goedkoper tariewe vir jou gemeenskapslede te vra, ’n regshulpkantoor op die been te bring, te help om geskille deur middel van mediasie op te los? ’n Gewilligheid om betrokke te raak in die gemeenskap, is wat die verskil kan maak."

Lei mediese studente op om entrepreneurs te word!

Freek Robinson, Angelique Coetzee Onderhoude 2024-01-23

Daar gradueer elke jaar meer as 2 300 nuwe dokters by ons land se mediese skole. Daar is gewoon nie genoeg poste vir hulle almal in die staatsdiens nie. Tog weier die mediese skole om hierdie studente daarop voor te berei om entrepreneurs te wees en om privaat te werk. Angelique Coetzee gesels kaalkop hieroor met Freek Robinson.

10 punte om Suid-Afrika te red

Freek Robinson, Barnard Beukman Onderhoude 2024-01-17

Barnard Beukman het onlangs ’n plan gepubliseer om Suid-Afrika ná vanjaar se verkiesing te red. Wie moet dié planne maak? En wie gaan hulle uitvoer? Hoe gaan sy idees nou skielik uitgevoer word as die vakbonde vir 30 jaar geen opposisie toegelaat het nie? Dit is van die vrae wat Freek Robinson aan Beukman gestel het.

Hoe lyk die toekoms?

Freek Robinson, André Roux Onderhoude 2024-01-10

Gaan die volgende 25 jaar moeilik wees vir die mensdom? Sal daar teen 2050 ekologiese rampe en wateroorloë wees? Moet ons dadelik ophou vleis eet, of is die regse swaai in die globale politieke arena ’n groter gevaar vir ons toekoms? Freek Robinson vra hierdie vrae, en meer, aan André Roux, ’n toekomskundige aan die Universiteit Stellenbosch.

Wanneer slagspreuke na geweld oorgaan

Freek Robinson, Pieter Jordaan, Dirk Hermann Onderhoude 2023-12-20

Groot kommer heers oor die neiging van mynstakers om ander mynerwerkers gyselaar te hou onder die grond. Dit het onlangs met brutale geweld gepaard gegaan waar wit mynwerkers na bewering aangerand en verneder is. Pieter Jordaan en Dirk Herman van Solidariteit verduidelik aan Freek Robinson dat verhoudings tussen werkers goed is, ongeag ras, maar dat politiekery en die gebruik van ’n aantal slagspreuke verantwoordelik is vir ’n tendens wat die hele mynbousektor se toekoms bedreig.

Top