Die Adam Small Boekefees 2025: ’n onderhoud met Darryl David

  • 0

Darryl David (foto: verskaf)

Darryl David praat met Naomi Meyer oor die Adam Small-fees wat 21 tot 23 Februarie 2025 in Pniël plaasvind.

Darryl, dis amper tyd vir vanjaar se Adam Small-fees. Sal jy vir ons lesers vertel wanneer dit plaasvind, en 'n idee gee van wat op die program is en wie vanjaar kom optree?

Hallo Naomi. Die inderdaad amper tyd vir die Adam Small Boekefees. Ek kan nie glo dis nou al agt jaar sedert die eerste Adam Small-fees nie.  

Daar is baie opwindende items op die program. Eerstens gaan daar twee huldeblyke aan ons groot vriend Breyten Breytenbach wees. Breyten was een van ons grootste ondersteuners van die fees. Hy het amper elke fees saam met sy vrou, Yolande, bygewoon.

..........
Daar is baie opwindende items op die program. Eerstens gaan daar twee huldeblyke aan ons groot vriend Breyten Breytenbach wees. Breyten was een van ons grootste ondersteuners van die fees. Hy het amper elke fees saam met sy vrou, Yolande, bygewoon.
..........

En dan is daar wonderlike boeke, soos Johnny Davids se memoires, Boytjie, en Theresa Papenfus se memoires, Sing, Mamma, sing. Dis boeke wat aan die hartsnare trek. Die eer om die fees te open gaan aan Ena Jansen vir haar vertaling van die klassieke, ikoniese Nederlandse roman Max Havelaar. Dis ’n groot oomblik in die Afrikaanse letterkunde. Nog ’n groot oomblik is die sessie oor ’n nuwe boek oor die rieldans. Ai, as ek net so kon dans, Naomi! 

En mense moenie Willem Fransman jr se opvoering van Adam Small se werk misloop nie. Nee wat, letterlik elke sessie by vanjaar se fees is ’n hoogtepunt. 

Is daar enige items waarop jy in die besonder wil wys - iets waarna jy baie uitsien?

Ek sien vreeslik uit na die nuwe Diana Ferrus-prys waarvan die wenners by vanjaar se fees aangekondig gaan word. Van dag 1 af was Diana elke jaar by die fees. En ons het gesien hoe haar reputasie elke jaar styg. Hierdie prys, wat deur Zalman Davis ingestel is, is die kulminasie van jare se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en tot Diana se omgee om nuwe stemme in ons literatuur te ontwikkel. 

Dan sien ek uit na die sessie waar ek saam met die Springbok-hokkiesensasie Malikah Hamza en haar pa, Boebie Hamza, haar kinderboek Malikah – the girl who loves sport gaan bekendstel. Ons het nooit die kans gekry om die boek bekend te stel nie, want ’n week na die publikasie van die boek is Malikah se ma oorlede. 

Ek kan nie wag om te hoor wat Mia Ardene gaan doen in haar sessie oor die verskynsel van  “yaartmusiek” nie. Sover ek weet, is dit ’n eerste vir boekefeeste in Suid-Afrika, hierdie tema. 

Dan die musiekkonsert van Brandon Oktober en Frazer Barry. 

En ook die bekendstelling van Rielritme, Sing, Mamma, sing en Boytjie

Op die webwerf van die fees kan mens lees waar ons in ons heel eerste onderhoud oor die fees gepraat het. Mens sien jaarliks hoe die fees ontwikkel en groei. Wat is vir jou lekker van hierdie fees, Darryl, jy wat op baie ander plekke in die land ook feeste tot stand bring of help reël of daarby betrokke is? Wie is almal betrokke by die fees – die vennote en borge en rolspelers en lede van die gemeenskap?

Ons grootste borg, dink ek, is die ATKV. Ek wil eintlik aan die ATKV dankie sê vir hul enorme bydrae tot die fees. Dan is daar Dominique Botha en haar ouers, Sandra en Andries Botha. Van dag 1 af het hulle hulle pragtige huis vir ons skrywers oopgestel en ons heerlik onthaal. Sout van die aarde, dis wat hulle is. En dan is daar die bemarkingsarm van die dorp Stellenbosch wat die afgelope jare ook sterk aan boord gekom het. Dankie aan almal. 

Die fees vind, soos reeds gemeld en soos baie mense weet, in Pniël plaas. Wat van hierdie omgewing is vir jou besonders? Mense wat die fees kom bywoon, kan ook die dorp en die plekke besoek waar hulle dalk nie gewoonlik uitkom nie.

Mense sal dink dat daar ’n verbintenis is tussen Adam Small en Pniël. Maar dis ’n onlangse verskynsel – juis as gevolg van hierdie fees. Ek het die dorp persoonlik gekies as die ligging vir die fees, want sover dit my betref, lê dit in die mooiste vallei van Stellenbosch. Daai Helshoogtepas is hemels. Die berge wat vir Pniël omvou, is vir my spiritueel. Ek het altyd gesê ek wil ’n huis in Pniël hê – maar soos mense in ons sessie oor gentrifikasie sal hoor, is dit nou vir my onmoontlik. 

But the greatest success story is what the festival has done for the community. Out of all the festivals I organise, no other community has embraced a festival like this one. It's as though they have made their motto "Kô, lat os skryf!” And unlike some other festivals, this community really embraces the festival. In fact, I think they deserve a prize for this. Because truly, they have done Adam proud. All we need now is a bronze statue of Adam in Pniël and then people will not know that Adam was a son of Wellington – that is how strong the link has become. 

For more information on the festival, visit https://adamsmallfees.co.za.

Lees ook:

Thuli Madonsela on Adam Small's legacy

Adam Small (1936–2016)

Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus: ’n resensie

Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top