Onderhoude
Interviews about topical issues
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Talita Viola
2025-01-13"Die stigting van boekklubs, waar hul die geleentheid het om skrywers te ontmoet en oor nuwe boeke te hoor, is ook baie gewild." Hierdie onderhoud met Talita Viola is die veertiende aflewering oor ons biblioteke.
Reguit met Robinson – Mosambiek: onrus in ons buurland
2025-01-08Wie is die belangrike rolspelers? Hoe raak die geweld Suid-Afrika, Mosambiekers en Suid-Afrikaners in Mosambiek? Freek Robinson vind meer uit by Joe van der Walt van die risikobestuursmaatskappy Focus Group.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Mogamat Kamedien
2025-01-05Radio 786 se maandelikse Barakat-program, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met kultuurerfenisaktivis Mogamat Kamedien.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Carla Theart
2025-01-03Radio 786 se maandelikse Barakat-program, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met onderwyser Carla Theart.
Akademiese dialoog in Afrikaans: Pieter GR de Villiers oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling en die krag van gesprekvoering
2024-12-20Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is vanjaar met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling-redakteur, Pieter GR de Villiers, verduidelik in ’n omvattende, diepgaande onderhoud aan Jean Oosthuizen hoe hy sy rol as redakteur van die Godsdienswetenskappe-afdeling sien.
ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw
2024-12-20Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.
Ek en jy en die Midde-Ooste
2024-12-19Wat is aan die gang in Sirië? Hoe hou dit verband met die vernietiging van Gaza? Het die konflik in die Midde-Ooste werklik enige impak op gewone Suid-Afrikaners? Waarom meng ons regering in?
Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy
2024-12-18"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die heel eerste wenner
2024-12-18"Wat dit [ATKV-Crescendo] wel vir my beteken het, is dat daar kennis van my geneem is en ek aangemoedig is om aan meer klassieke sangkompetisies deel te neem, wat ek toe gewen het. Dit het my in staat gestel om oorsee te gaan studeer, en dit het die basis gelê van my sukses as nasionale asook internasionale sanger."
Bela: Belegging of beleg?
2024-12-11Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), oor die voortslepende moddergooiery rakende die Bela-wet.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Hildegard Adonis
2024-12-05"Die biblioteek het verskeie programme wat al die jeug, tieners en grootmense baie besig hou." Hierdie onderhoud met Hildegard Adonis is die dertiende aflewering oor ons biblioteke.
Watervoorsiening in Suid-Afrika
2024-12-05Watervoorsiening is onder druk weens wanfunksionele en korrupte munisipaliteite, diefstal, besoedeling, waterskaarste, en so meer: Stuur die land op ’n ramp af?
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden
2024-12-04"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."
Om in 2024 te boer
2024-11-28Die Oos-Kaapse boer Dwayne Kaschula is verlede week as AgriSA en Toyota se Jongboer van die Jaar bekroon. Freek Robinson gesels met hom oor onder meer voedselsekerheid, volhoubaarheid, werkskepping, grondonteiening sonder vergoeding, en plaasmoorde.
Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins
2024-11-26Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."
25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET
2024-11-26"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Yolandi Ellis
2024-11-21"In daardie opsig het ons alreeds verskeie uitreikaksies met welslae geloods, soos ons naskoolse leesprogram, wat daarop gemik is om die leerders met hul taalwerk te help en lees te oefen. Ons [biblioteek] bied ook temaprogramme aan waar ons boeke en stories inkorporeer met opvoerings en hardop-lees." Hierdie onderhoud met Yolandi Ellis is die twaalfde aflewering oor ons biblioteke.
Die wêreld van werk is nie kinderspeletjies nie: waarom beroepsvoorligting lewensbelangrik is
2024-11-20"In die algemeen, wanneer leerders aangemoedig word om oor hul toekoms te dink en vakke te kies wat ooreenstem met hul doelwitte en belangstellings, gaan dit nie net oor hul individuele toekomstige sukses nie; hulle stel ook die hele land op vir ’n beter toekoms."
Stilfontein: ’n misdaadtoneel of ’n humanitêre kwessie?
2024-11-20Dave van Wyk, senior navorser by die Bench-Marks Stigting, plaas vir Freek Robinson die kwessies rondom onwettige mynwerkers (die zama zamas) binne ’n groter konteks.
Is daar ’n nuwe wêreldorde op pad?
2024-11-13Gaan Donald Trump die VSA onttrek uit die demokratiese instellings soos die Verenigde Nasies en Navo? Gaan hy wel invoertariewe verhoog en so inflasie verder opjaag? Wat gaan Elon Musk in die Amerikaanse parlement doen? Gaan Trump vir Poetin ondersteun, of juis nie? Wat hou ’n insulêre VSA vir Afrika in?
