Suid-Afrika se soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is in die moeilikheid.
Freek Robinson gesels met Abel Esterhuyse (Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch) oor hul benarde situasie.
- YouTube-skakel na onderstaande video: https://youtu.be/mv9u7jxUE8M


Kommentaar
Abel Esterhuyse is 'n logiese en geloofwaardige stem vir realiteite in die weermag
Sjoe. Dankie vir 'n puik gesprek. Dis so insiggewend.
Ek verwys u na die video op YouTube onder die opskrif Joint Standing Committee on Defence, 07 February 2025. Duidelik is daar nie ooreenstemming oor wat ons troepe in die DRK moet doen nie. Duidelik het sommige lede van die komitee geen vertroue in liewe Angie nie. Selfs die onttrekking van ons troepe uit die DRK is nie vanselfsprekend nie. Dis jammer dat Niehaus nie kan besluit waar in die SA politiek hy hoort, want in hierdie sitting vat hy nie twak nie...LOL! Maar die chaos breek los as die "dames" harde woorde oor die politici laat val. Besluit maar self oor wie lieg en wie lieg nie... (Skynbaar is dit teen die reëls om te beweer 'n minister lieg...)