Abel Esterhuyse

Abel Esterhuyse is hoof van die Departement Strategiese Studies in die Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch by die Militêre Akademie in Saldanha en ’n navorsingsgenoot van die Centre for Conflict, Rule of Law and Society (CRoLS) by die Universiteit van Bournemouth in Brittanje.

Hy is ’n boorling van Williston in die Karoo en skryf BMil (Honneurs) (Stellenbosch), BA Honneurs (Suid-Afrika), MMS (Pretoria) en PhD (Stellenbosch) agter sy naam.

Abel is ook ’n graduand van:

  • die Senior Security Leadership Program van die Amerikaans-Afrika-Sentrum vir Strategiese Studies in Washington
  • die United States Military Academy, West Point, se Program on Military History
  • Columbia Universiteit (New York) se Saltzman Institute of War and Peace Studies se Program on the Analysis of Military Operations and Strategy (SWAMOS).

As akademikus het hy reeds:

  • by meer as 40 vakkongresse in 15 lande kon praat
  • meer as 30 artikels in geakkrediteerde akademiese joernale gepubliseer
  • nege boekhoofstukke die lig laat sien
  • as redakteur van drie boekpublikasies opgetree.

Sy navorsing is in 2017 erken met ʼn gradering deur die Nasionale Navorsingstigting NRF); sy mees onlangse publikasie is getiteld The South African security predicament – making sense of objective realities.

Tussen 2010 en 2015 dien hy as redakteur van Scientia Militaria (http://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub/index).

Hy is bevoorreg om by verskeie universiteite en militêre akademies wêreldwyd te kon klasgee. Enkeles sluit in:

  • Universiteit van Utrecht, Nederland
  • Nederlandse Militêre Akademie, Breda
  • Universiteit van New South Wales en Australiese Verdedigingsakademie, Canberra
  • United States Military Academy, West Point
  • Universiteit van Namibië, Windhoek
  • Royal Military Academy, Sandhurst
  • Kenyatta-universiteit, Kenia
  • Kennesaw State University, VSA
  • University of North Georgia, VSA

****************

Abel Esterhuyse is a member of the Department of Strategic Studies in the Faculty of Military Science, Stellenbosch University, at the South African Military Academy.

Holding a PhD from the University of Stellenbosch, he is also a graduate of the Senior Leadership Program of the African Center for Strategic Studies in Washington, DC, the Summer Program in Military History at the US Military Academy, West Point, and the Program on the Analysis of Military Operations and Strategy (SWAMOS) of Columbia University’s Saltzman Institute of War and Peace Studies in New York.

Before joining academia, Esterhuyse served as an officer in the South African army. A rated scientist of the South African National Research Foundation (NRF), he specialises in South African security and defence, military and strategic theory, and contemporary conflict.

His most recent publication is a co-authored journal article titled “South African defence decision-making: analysing dysfunctional approaches”.

Amerika, moenie julle militêre hoenders tel voordat hulle uitbroei nie

Abel Esterhuyse Menings 2026-03-23

"In die besinning oor hierdie fokusareas is die ongemaklike waarheid egter dat ’n lugmag nog nooit ’n oorlog op sy eie gewen het nie."

Lesersindruk: Uit genade, bo verdienste deur Gert Opperman

Abel Esterhuyse Lesersindrukke 2025-03-10

"Opperman sou daarna altyd geassosieer word met die suksesvolle operasionele aanwending van perde; en gesien word as beskermheer van die berede funksie van die weermag."

SA se soldate in die DRK

Freek Robinson, Abel Esterhuyse Onderhoude 2025-01-29

Suid-Afrika se soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is in die moeilikheid. Freek Robinson gesels met Abel Esterhuyse (Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch) oor hul benarde situasie.

Die einde van ’n asimmetriese oorlog

Abel Esterhuyse, Izak de Vries Onderhoude 2021-08-19

"Gewapende nasiebou het nog nooit gewerk nie," sê Abel Esterhuyse, hoogleraar in strategiese studies aan die Universiteit Stellenbosch oor die onttrekking van Amerikaanse troepe aan Afghanistan.

Kan ons die sosiale kontrak herstel met soldate in die strate?

Abel Esterhuyse, Izak de Vries Onderhoude 2021-07-14

Abel Esterhuyse, ’n hoogleraar in strategiese studies en ’n oudweermaglid, verduidelik hoekom die weermag nie opgelei is om binnelandse beveiliging te doen nie, maar wel in staat is om die polisie by te staan.

Top