Die einde van ’n asimmetriese oorlog

  • 3

“Gewapende nasiebou het nog nooit gewerk nie,” sê Abel Esterhuyse, hoogleraar in strategiese studies aan die Universiteit Stellenbosch oor die onttrekking van Amerikaanse troepe aan Afghanistan.

Volgens hom het die Amerikaners reg aan die begin van die oorlog presies geweet wat hulle moes doen, maar soos die tyd verloop het, was dit al hoe moeiliker om ’n konvensionele mag aan te wend om die Afghaanse regering in stand te probeer hou.

’n Konvensionele weermag wat teen gewapende burgers optree, verval uiteindelik in ’n asimmetriese oorlog.

Esterhuyse trek ook parallelle tussen Afghanistan en Viëtnam, en verduidelik hoe die Britse leër se optrede tydens die Anglo-Boereoorlog en die Amerikaanse optrede in Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog verskil het van dit wat in Afghanistan afgespeel het.

  • Foto: Amber Clay | Pixabay
Sien ook:

A lesson still not learnt

Afghanistan: “Dit is takties ’n moeilike situasie.”

Reguit met Robinson: A Zoom conversation with Imtiaz Sooliman, founder of Gift of the Givers

  • 3

Kommentaar

  • Hans Richardt

    In Viëtnam het die Franse gestruikel, voor VSA. Tog het die VSA nuwe wapenstelsels na die oorlog gehad. Tot die asimmetriese oorlog die VSA op eie bodem tref. Daar was wapens agtergelaat in Viëtnam. Die ou wapentuig wat agtergelaat was in Afghanistan, was oortollige goed wat in 'n skrootwerf hoort. Van dit was na Oekraïne gestuur en het nie gehelp in geveg teen Donbass nie. 20 jaar lank was Afghanistan die skrootwerf vir die VSA se uitgediende goedere. Die VSA se ekonomie rol voort op oorloë om werk te skep. McNamara-fiasko herhaal?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top