Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Kommunikasie binne aftreeoorde en boeke oor aftreeoordbewoners: ’n gesprek met Rudie van Rensburg

Naomi Meyer, Rudie van Rensburg Onderhoude 2024-06-21

Daar het onlangs ’n artikel rondom die bestuur van aftreeoorde in LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) verskyn. Rudie van Rensburg, skrywer van die Hans-reeks wat oor die ouderdom en die wel en wee van bejaardes in aftreeoorde handel, praat met Naomi Meyer oor die gevorderde ouderdom, uitdagings en grysheid met die wysheid.

UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek

Johannes Froneman, Maryna Blomerus Onderhoude 2024-06-19

"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."

Postverkiesing: Hoe kan die burgery eienaarskap neem van die demokrasie?

Freek Robinson, Christo van der Rheede Onderhoude 2024-06-19

Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) benadruk die belang van nasionale dialoog vir impak en deelnemende demokrasie op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.

LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal

Menán van Heerden, Burgert A Senekal Akademies en skole 2024-06-19

Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.

RNE versus ’n koalisieregering

Freek Robinson, Theuns Eloff Onderhoude 2024-06-12

Hoe werk ’n regering van nasionale eenheid (RNE) in die praktyk? Hoe verskil dit van ’n koalisieregering? Wat het die RNE van 1994 behels? Met Vrydag se parlementsitting om die draai, gesels Freek Robinson met Theuns Eloff, onafhanklike politieke ontleder.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Lorraine Lank

Braam Peens, Lorraine Lank Onderhoude 2024-06-11

Hierdie onderhoud met biblioteekbestuurder Lorraine Lank is die eerste aflewering oor een van ons biblioteke, naamlik die Archbishop Desmond Tutu-biblioteek in Swellendam.

Postverkiesing: DA en ANC

Freek Robinson, Werner Horn Onderhoude 2024-06-05

Waar staan sake nou? Freek Robinson gesels met Werner Horn, woordvoerder van die DA.

The end of the ANC?

Freek Robinson, William Gumede Interviews 2024-05-28

Will voting be based on competence or identity? Freek Robinson talks to William Gumede, chairperson of the multiparty convention.

’n Week voor die verkiesing: Wat lê voor?

Freek Robinson, Susan Booysen Onderhoude 2024-05-22

In aanloop tot ’n moontlike waterskeidingsverkiesing gesels Freek Robinson met politieke ontleder Susan Booysen oor partypolitiek, die moontlike uitkomste en die komende stemdag.

BELAB: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon Onderhoude 2024-05-17

"Wette is onlosmaaklik deel van die regerende party se ideologie en dus ook begrotings, en iewers haal beloftes en swak besluite jou in. Die probleme in onderwys is legio, maar daar is nie kortpaaie in die regruk nie."

Entrepreneursonderrig in die klaskamer: ’n onderhoud met Adri du Toit

Naomi Meyer, Adri du Toit Onderhoude 2024-05-17

"Waarde word geskep as leerders entrepreneuriese vaardighede soos probleemoplossing, kreatiewe denke en so meer toepas om probleme in hul eie lewens en omgewings te identifiseer en aan te spreek. Hierdie waarde kan ekonomies, opvoedkundig, kultureel, sosiaal of ten bate van die natuurlike omgewing wees."

"We need to fix everything."

Freek Robinson, Herman Mashaba Interviews 2024-05-16

Elections are looming. Herman Mashaba (ActionSA) tells Freek Robinson how ActionSA would fix a country that is falling apart.

Die Nasionale Gesondheidsversekeringswet: ’n onderhoud met ’n prokureur

Naomi Meyer, Péter Wassenaar Onderhoude 2024-05-16

"Is nasionale gesondheidsversekering indien ons slegs na die letter van die wetgewing kyk, afdwingbaar? Waarskynlik. Enige wet wat die oormag van die staat agter hom het, kan teoreties afgedwing word. Maak dit nasionale gesondheidsversekering ’n projek wat (1) realisties is en (2) volhoubaar sal wees? Nee."

"Dis 7 minute ná middernag."

Freek Robinson, Helen Zille Onderhoude 2024-05-08

Wat maak die DA se aanbod anders as ander partye s’n? Freek Robinson gesels met Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.

Verkiesing 2024: Waar pas die VF Plus in die prentjie?

Freek Robinson, Pieter Groenewald Onderhoude 2024-05-02

Hoe beskou die Vryheidsfront Plus Afrikaner-kiesers? Hoe sien Suid-Afrikaners die VF Plus? Wat voorspel hierdie party vir die 2024-verkiesing? Wat is die boodskap aan en prioriteit vir Suid-Afrikaners? Pieter Groenewald, die leier van hierdie party, gesels met Freek Robinson.

Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?

Freek Robinson, Theuns Eloff, Christo van der Rheede, Barend la Grange Onderhoude 2024-04-24

"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).   

Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen Onderhoude 2024-04-22

"Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie."

Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2024-04-22

"Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied."

Die bevordering van gendergelykheid onder kinders: ’n onderhoud met Elma de Vries

Liné Loff, Elma de Vries Onderhoude 2024-04-18

"Elke meisie moet kan grootword met die wete dat sy net so goed kan wees soos enige seun, en elke seun moet kan grootword om ten volle mens te wees, insluitend om deernis te toon sonder om daaroor gespot te word."

Hoe sal koalisieregerings ná die verkiesing provinsiaal en nasionaal kan werk of misluk?

Freek Robinson, Cilliers Brink Onderhoude 2024-04-17

"Ek dink dit is redelik duidelik dat dominante partydemokrasie verby is." Freek Robinson gesels met die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink.

Top