Nuwe inligting op 24 Oktober 2024: Sedert publikasie van hierdie onderhoud op 23 Oktober 2024 was daar die onverwagse verwikkeling dat ’n aansoek deur Blind SA, wat daarop gemik is dat die president dringend moet ingryp om ’n kopiereguitsondering vir blinde en gesiggestremde lesers daar te stel, gekonsolideer is met die president se verwysing van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof om die grondwetlikheid van dele daarvan te bepaal. Die hoofregter het opdrag gegee dat die twee aansoeke gekonsolideer word en dit sal op 28 November aangehoor word.
Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is deur president Cyril Ramaphosa terugverwys na die Konstitusionele Hof.
Dit kom nadat dié opspraakwekkende wetsontwerp, wat met ’n uitgebreide lys kopiereguitsonderings tot die grootskaalse verswakking van outeursregbeskerming sal lei indien dit bekragtig sou word, opnuut vroeër vanjaar met die meerderheidstem van die regerende party deur die Nasionale Vergadering aanvaar is, ondanks besware van opposisiepartye en grootskaalse teenkanting uit die skeppende bedrywe.
Die wetsontwerp is daarná na die President se lessenaar, en hy het besluit om dit na die Konstitusionele Hof te verwys.
PEN Afrikaans het die besluit verwelkom.
Catrina Wessels, bestuurder van PEN Afrikaans en literêre agent en kopieregkonsultant in die uitgewersbedryf, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die onlangse gebeure.
Catrina, daar is nou al jare gelede wysigings voorgestel aan die verouderde Suid-Afrikaanse Wet op Outeursreg (die wet dateer uit 1978), en al wat nog moes gebeur om die wysigings van krag te maak, was dat president Ramaphosa dit moes onderteken. Hy het die Wysigingswetsontwerp nou na die Konstitusionele Hof terugverwys. Kom ek vra heel eerste vir jou: Hoekom maak die Wet op Outeursreg vir doodgewone Suid-Afrikaanse burgers saak of behoort dit saak te maak?
Soveel van waarmee ons as doodgewone Suid-Afrikaanse burgers daagliks te doen kry, is onderworpe aan kopieregbeskerming. Dink maar aan wat jy lees, waarna jy kyk, en waarna jy luister – vir ontspanning en andersins. Ons gebruik voortdurend ander mense se kopieregwerke en skep ook voortdurend ons eie deur byvoorbeeld foto’s te neem of iets te skryf. In die Wet op Outeursreg is daar ’n hele lys van werke wat vir outeursregbeskerming kan kwalifiseer.
..........
Aan die een kant is dit dus goed om te weet waarmee jy werk, en wat jy met outeursregwerke mag doen en nie mag doen nie. Aan die ander kant is die groter prentjie dat ’n doeltreffende en gebalanseerde outeursregstelsel konkreet bydra tot die land se ekonomie. As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee.
.............
Aan die een kant is dit dus goed om te weet waarmee jy werk, en wat jy met outeursregwerke mag doen en nie mag doen nie. Aan die ander kant is die groter prentjie dat ’n doeltreffende en gebalanseerde outeursregstelsel konkreet bydra tot die land se ekonomie. As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee. Kunstenaars van oor verskeie dissiplines en skeppende bedrywe stel nie net wonderlike kreatiewe uitdrukkings daar nie, maar skep werk. In 2022 het die Departement van Sport, Kuns en Kultuur geraam dat die skeppende bedrywe 6% van die werksgeleenthede in Suid-Afrika bydra – dit het op net onder een miljoen poste/werksgeleenthede neergekom.
Gaaf, so die Wet affekteer nie net skrywers nie. Die woord "werk" in die Wet bepaal dat ontsettend baie skeppings deur hierdie Wet geraak word. Kunstenaars, skrywers, skrywers van rekenaarprogramme, tegnologiese skeppings, skeppers van artistieke werke of musiekkomposisies ... daar is baie mense wat hierdeur geraak word. Dit spreek vanself dat hierdie wetgewing hersien en gewysig behóórt te word. As jy so drie aspekte van die huidige Wet kan noem wat jy voel wat aandag verdien en wat gewysig behoort te word, wat sou dit wees?
Ja, dis hoog tyd. Dit is baie belangrik dat daar ’n kopiereguitsondering geskep moet word vir blinde en gesiggestremde lesers, en dat daardie kopiereguitsondering belyn sal wees met die Marrakesj-verdrag. Dit is ook belangrik dat die eksklusiewe regte van die outeursreghouer uitgebrei word om ook (uitdruklik) in die aanlyn omgewing erken te word.
...........
Dit is ook belangrik dat die eksklusiewe regte van die outeursreghouer uitgebrei word om ook (uitdruklik) in die aanlyn omgewing erken te word.
.............
Ek het ’n onderhoud gelees wat jy met Sadulla Karjiker gevoer het. In hierdie onderhoud sê hy wat hom alles omtrent die wysigingswetsontwerp pla, en die hinderlike aspek is dat dit wil voorkom of die regering eienaarskap wil neem van sekere skeppings sonder dat die vergoeding aan die outeur of die kopiereghouer (soos ’n uitgewer) betaal word. ’n Voorbeeld wat genoem word, is die probleme wat so ’n wysiging vir die voorgeskreweboekemark sou inhou. Jeugboekskrywers en uitgewers sou nie die geld vir werke ontvang wat hulle regmatig verskuldig is nie, want die regering sou bloot kon aanvoer dat die beginsel van "fair use" geld omdat die werk vir opvoedkundige doeleindes aangewend is. Wat hinder jou nog van die wysigings wat voorgestel word, as jy nog ’n voorbeeld wil noem, of op hierdie voorbeeld wil uitbrei?
Ek kan dalk hierop uitbrei deur te noem dat dit nie net die staat sal wees wat hulle op die wetsontwerp se uitgebreide kopiereguitsonderings sal kan beroep nie, maar enige iemand wat iemand anders se kopieregwerk sonder toestemming en vergoeding gebruik en beweer dat dit “billik” was.
En ook: Die wetsontwerp stel nie net die algemene “fair use”-bepaling voor nie, maar ook ’n lang lys spesifieke kopiereguitsonderings. Dié uitsonderings beslaan agt bladsye in die dokument. Daar is goeie rede vir die kommentaar dat die voorgestelde uitsonderings te veel is en te ver gaan.
Daar verskyn in hierdie PEN Afrikaans-persverklaring op LitNet ’n skakel na die webruimte waar mens nog meer kan lees; dit kom daarop neer dat die President sy konstitusionele reg gebruik om die Wysigingswetsontwerp aan die Konstitusionele Hof voor te lê om seker te maak die Wet is grondwetlik. Wat beteken dit presies? Daar is so baie regte in die Handves van Menseregte, so baie dinge wat in die Grondwet staan. Onafwendbaar is daar mense of instansies se regte wat met mekaar oorvleuel en/of bots.
Ja, heeltemal reg so. Die Konstitusionele Hof sal ’n verskeidenheid regte en belange in ag moet neem. Die regte in die Handves van Regte is nie absoluut nie; dit kan beperk word. Artikel 36 van die Grondwet, die sogenaamde beperkingsklousule, sê uitdruklik dat ’n reg beperk mag word indien die beperking redelik en regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, insluitend:
- die aard van die reg
- die belangrikheid van die doel van die beperking
- die aard en omvang van die beperking
- die verband tussen die beperking en die doel daarvan
- ʼn minder beperkende wyse om die doel te bereik.
Dit sal alles deel van die hof se ondersoek uitmaak.
Dit is ook nog nie duidelik watter deel van die wetsontwerp die President die Konstitusionele Hof gevra het om die grondwetlikheid van te bepaal nie. Die aankondiging bevat nie daardie besonderhede nie, maar die President sal spesifieke bepalings onder die hof se aandag bring vir hul oorweging, nie die hele wetsontwerp nie. As ’n mens terugkyk na die bepalings waaroor die President in 2020 besorgd was, toe hy die wetsontwerp ook nie onderteken het nie, maar na die parlement teruggestuur het, was dit onder andere die uitgebreide kopiereguitsonderings waaroor ons hier bo geskryf het.
............
Die aankondiging bevat nie daardie besonderhede nie, maar die President sal spesifieke bepalings onder die hof se aandag bring vir hul oorweging, nie die hele wetsontwerp nie. As ’n mens terugkyk na die bepalings waaroor die President in 2020 besorgd was, toe hy die wetsontwerp ook nie onderteken het nie, maar na die parlement teruggestuur het, was dit onder andere die uitgebreide kopiereguitsonderings waaroor ons hier bo geskryf het.
............
Dit is dus wat my betref redelik om te verwag dat hierdie uitsonderings in die kollig gaan wees, met die groot vraag of dit neerkom op arbitrêre onteiening sonder vergoeding en dus in stryd is met artikel 25 van die Grondwet wat eiendomsregte beskerm. Dit meld onder meer dat niemand van eiendom ontneem mag word nie, behalwe “ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie”.
Mettertyd sal die bepalings waaroor die hof se inspraak gevra word, bekend gemaak word.
Prakties gesproke: Hoe lank dink jy gaan ons nou vir die Konstitusionele Hof se beslissing wag? Hoe gou gaan ons weet of die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg deur die President onderteken sal word? En as dit nie onderteken word nie ... wat gebeur volgende?
Die ondertekening is vir eers uitgestel totdat die grondwetlikheid van die bepalings in die wetsontwerp vasgestel is. Ek kan hoogstens bespiegel oor hoe lank die proses sal neem – dalk ’n jaar of wat? Daar moet byvoorbeeld tyd wees, voordat die saak deur die Konstitusionele Hof oorweeg word, vir belangstellende partye om aansoek te doen om as sogenaamde vriende van die hof te kan insette lewer vir die hof se oorweging. Daardie partye moet genoeg tyd hê om hul argumente voor te berei. Dis veilig om te sê dit sal ’n hele ruk wees.
Wette is nie die enigste gereedskap waarmee die Suid-Afrikaanse hibriede regstelsel bestuur word nie. Moet mens jou blind staar teen die Wet op Outeursreg, of is daar nie ook baie hofsake wat ons volgens die gemenereg-element van ons regstelsel kan help om te sien watter besluite die hof ten opsigte van outeursreg maak nie? Of wat van die inheemse reg, of selfs die beginsels van die antieke Romeins-Hollandse Reg-gedeelte van die land se regstelsel? Is daar nie dus ook ander maniere waarop skrywers en skeppers se regte binne ons regstelsel beskerm word nie? Waarom is die geskrewe Wet op Outeursreg dan so belangrik?
Daar is inderdaad ander bronne wat ’n rol kan speel, maar in Suid-Afrika is outeursreg gekodifiseerd, dws in ’n geskrewe wet vervat. In die konteks van outeursreg kry die Wet op Outeursreg voorrang, en is die ander bronne sekondêr.
............
Die ander bronne kan ’n rol speel by die interpretasie van die wet deur die howe, maar die wet self is steeds die grondslag vir die regulering, beskerming en afdwinging van outeursreg. Dit bly baie belangrik.
................
Die ander bronne kan ’n rol speel by die interpretasie van die wet deur die howe, maar die wet self is steeds die grondslag vir die regulering, beskerming en afdwinging van outeursreg. Dit bly baie belangrik.
Lees ook:
The Copyright Amendment Bill: an interview with Sadulla Karjiker
Book discussion and interview on the Juta publication: Copyright reform or reframe?
Wysigings aan die kopieregwetgewing: Gys Visser werp lig op die probleme met die "fair use"-leerstuk