
Theresa Olivier (foto: Gys Loubser)
Die Tribuo Fonds het, as deel van die Tribuo Sessions-reeks, van 5 tot 7 Junie 2025 'n konferensie by STIAS in Stellenbosch aangebied. Besprekings en toesprake het gehandel oor hoe meningsvormers en kunstenaars veranderinge in die kunstelandskap navigeer en omgewings kan skep waar vernuwende kunsskeppings kan floreer en wat die toekoms van die kunste in Suid-Afrika kan help vorm.
Theresa Olivier praat met Naomi Meyer oor haar aanbieding by die geleentheid.
Vertel asseblief vir LitNet se lesers wat jou begrip van Tribuo is, en waarom dit lewensbelangrik vir die kunste is? Hierdie fonds het uit nood tydens die Covid-grendeltyd ontstaan, maar waarom gaan dit voort? Is alles nie nou weer soos voor die pandemie nie?
Dis noodsaaklik dat daar na die behoeftes van kunstenaars gekyk word, en daarom is dit belangrik dat die Tribuo Fonds bestaan. Hoewel die fonds gestig is om vryskutwerkers in die uitvoerende kunste tydens Covid te ondersteun, is dit belangrik dat dit bly voortbestaan, want dit het ’n belangrike rol te speel in behoudenis en ontwikkeling van kunstenaars.
........
Hoewel die fonds gestig is om vryskutwerkers in die uitvoerende kunste tydens Covid te ondersteun, is dit belangrik dat dit bly voortbestaan, want dit het ’n belangrike rol te speel in behoudenis en ontwikkeling van kunstenaars.
........
Dit het ook ’n rol te speel in die opstel van beleide en beleidsdokumente wat kunstenaars kan help om hul toekoms beter te beplan.
Wat is jou betrokkenheid by die kunste en by Tribuo? Vertel vir ons lesers wie jy is?
Ek is Theresa Olivier; ek is adjunkredakteur by Netwerk24 en ek werk die afgelope 30 jaar by Media24. Ek is deel van die direksies van die Suidoosterfees en KKNK.
Kunstenaars dink aan die kunste, van kleins af. Hulle leef om te skep. Of om op te tree en te deel. Tog moet hulle vir hul skeppings beloon word, of nuwe skeppings moet deur befondsing aangemoedig word. Praat met my oor die wisselwerking tussen kuns en geld en enige ander faktore en kwessies wat julle tydens die Tribuo-sessies bespreek? Waaroor handel jou aanbieding vanjaar?
Ek het by die onlangse Tribuo-kunsteberaad gesels ook kunsjoernalistiek in ’n digitale era.
In ’n neutedop: mens kan soveel meer met kunsjoernalistiek in ’n digitale era doen! Langvorm-kunsjoernalistiek kan beter verpak word en aangevul word met video (kort en lank). Mens kan podsendings doen oor die kunslandskap. Dis belangrik om ’n nuwe generasie kunsjoernaliste te help vorm wat die digitale era heeltemal omarm om kunsjoernalistiek die toekoms in te neem.
........
In ’n neutedop: mens kan soveel meer met kunsjoernalistiek in ’n digitale era doen! Langvorm-kunsjoernalistiek kan beter verpak word en aangevul word met video (kort en lank). Mens kan podsendings doen oor die kunslandskap. Dis belangrik om ’n nuwe generasie kunsjoernaliste te help vorm wat die digitale era heeltemal omarm om kunsjoernalistiek die toekoms in te neem.
........
By Netwerk24 het ons selfs blitssepies wat werk aan akteurs bied. Die blitssepies is ook ’n wenner by intekenare en skep ook sodoende werk vir akteurs wat bekend en minder bekend is. Ook met ons oudioboeke skep ons werk vir stemkunstenaars.
Lees ook:

