Tribuo-konferensie 2025: ’n onderhoud met Gideon Lombard

“Daar is verrassende ooreenkomste tussen kunstenaars en entrepreneurs: Albei begin met niks behalwe ’n idee nie. Albei moet waag. Albei leef tussen mislukking en moontlikheid. Maar sonder finansiële ondersteuning – of dit nou vir ’n toneelstuk, ’n produk of ’n maatskappy is – bly selfs die sterkste idee dikwels net ’n droom.”