LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan [email protected]
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die koop en verkoop van kinders in Suid-Afrika – behoorlik gestraf, of ’n ware winskoop?
2020-06-24"Veral kinders word as ’n maklik verhandelbare, sukkelvrye kommoditeit beskou. Hul kwesbaarheid, in die besonder wanneer handelaars hulle van hul gesinne en ander hulpbronne skei, maak hulle makliker om te manipuleer en te beheer."
Aantekening: Die deliktuele klas- of groepaksie in Suid-Afrika
2020-06-22"Die oogmerk of doel van hierdie bydrae is om perspektief te gee op die sogenaamde klasaksie (wat in ons reg nog grootliks in sy kinderskoene is) om aan te dui wat die funksie en vereistes daarvoor spesifiek op die gebied van die deliktereg is, en om terselfdertyd die enigste en daarom belangrikste beslissing op hierdie gebied onder die loep te neem."
Vertaling en taalverwerwing – ’n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte
2020-06-19"Daar is ’n plek vir vertaling binne die taalverwerwingsklaskamer, maar dit is nie die enigste benadering, metodologie of hulpmiddel wat gebruik moet word nie."
Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin
2020-06-18"Die transras-aanneemma kom voor spesifieke uitdagings te staan wat sy moet oorkom, byvoorbeeld die status van transrasaanneming, rassensitiwiteit en die welstand van haar kind."
Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme
2020-06-17"Ondanks die byna drie dekades waarin inwoners aan ’n gelyke demokrasie blootgestel is, het patrone van rassisme skynbaar eerder versterk as verswak."
Die narratiewe bekragtiging van die positiewe ontvangs van Seneca se voorsienigheidsleer tydens die Protestantse Kerkhervorming
2020-06-15"Die vraag wat Seneca in hierdie werk beantwoord, gaan dus nie bloot oor waarom bose of slegte dinge as sulks bestaan nie, maar spesifiek waarom dit oor goeie mense se lewenspad kom, ’n vraag wat hy beantwoord deur die idee van bonatuurlike voorsienigheid of bestiering teen die idee van toeval te verdedig."
AARTO: Beregtiging van verkeersmisdrywe of ontsegging van toegang tot die reg?
2020-06-15"’n Wet wat toegang tot die howe belet of belemmer, of wat die uitwerking het dat dit die uitvoerende gesag die mag gee om besluite oor regte te neem wat deur die regsprekende gesag geneem behoort te word, is ongrondwetlik."
’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)
2020-06-11"Wanneer kan ’n gedig as godsdienstig beskou word? Moet daar spesiale kriteria vir godsdienstige gedigte wees?"
Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder
2020-06-10"Studente neem dus waarskynlik ’n strategiese besluit om aan te pas en Engels as voorkeurtaal vir hul studies te kies. Uit die studente wat die vraelys voltooi het, het 75% gesê dat hulle voorkeurtaal in die loop van die kursus na Engels verander het."
’n Kritiese beskouing van Winfried Lüdemann se teoretisering oor ’n musikale versoeningsdialoog
2020-05-25"Gevolglik konsentreer hy daarop om ’n metodologie (of selfs ’n bloudruk) te ontwikkel wat die handhawing en eerbiediging van ’n diverse kultuurlandskap kan aanmoedig en ondersteun, sodat – ten minste waar musiek ter sprake is – Suid-Afrika se kulture in harmoniese en vredeliewende naasbestaan kan leef."
Wat is burgerskapsonderwys veronderstel om "reg te maak" of "te herstel" en wat is die oogmerke van die vak?
2020-05-21"Dit is ook belangrik om die opkomende geslag te lei, te onderrig en te laat verstaan dat hulle nie alles wat rondom hulle as toekomstige burgers gebeur, onkrities mag laat verbygaan nie."
Om die Bybel met eenvoud te lees: Fransiskus van Assisi (c. 1181–1226) se geestelike lees van die Bybel
2020-05-12"Fransiskus was meer besorg oor die proses van Bybellees – dit moes ’n proses wees wat die mens opwaarts nader aan God bring, maar wat die mens ook afwaarts neem na diegene wat minderbevoorreg en verstote is."
Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë
2020-04-29"Leierskap in Christelike geloofsgemeenskappe is derhalwe inherent ’n geestelike aangeleentheid, en daarom moet mens nie die vermoë wat sulke leiers het om ander se gedrag en optrede te beïnvloed, ligtelik opneem nie."
Die rol en ervarings van die onderwyser in die ontwikkeling van gesondheidsgeletterdheid in sekondêre skole
2020-04-29"Hierdie tydperk en omgewing bied onteenseglik die ideale geleentheid om kritiese denke te stimuleer en om leerders se aandag op die ontwikkeling van goeie gesondheidsgeletterdheidspraktyke te vestig."
Is siekte ’n straf van God? Teologiese perspektiewe uit die Bybel en die Apokriewe
2020-04-23"Daar word ten slotte ook gevra wat die moontlike impak van hierdie perspektiewe uit die Bybel op ons vandag is, veral in die lig van die COVID-19-pandemie."
Vonnisbespreking: Deliktuele vergoeding weens verlies (“bereavement”) as gevolg van ’n sterfgeval in die familie
2020-04-14"Daar kan met redelike sekerheid voorspel word dat die howe in die toekoms te doen sal kry met gevalle waar daar wel swaar verlies en verdriet voorkom weens die dood van ’n familielid sonder dat daar regtens vir die moontlikheid van deliktuele vergoeding voorsiening gemaak word."
Omnium expetendorum prima est sapientia: Hugo van Saint-Viktor (1097–1141) en die probleem van hiperspesialisasie in die eietydse wetenskapsbegrip
2020-04-09"Behoort ’n student nie eerder deur ’n onderwysstelsel en opvoedingskultuur in staat gestel te word om eers 'geleerd' en 'behendig' te word as om so vroeg vakrelatief 'vertegniseer' te word nie?"
Enkele kontekstuele invloede op skoolhoofde: ’n Studie in Gautengse skole
2020-04-06"Skoolhoofde, as onderwysleiers, betree ’n onbekende toekoms, maar hulle moet desondanks duidelikheid hê oor die uitkoms wat hulle wil bereik."
Postkoloniale feminisme in die Afrikaanse poësie: Die debute van Ronelda S. Kamfer, Shirmoney Rhode en Jolyn Phillips
2020-03-26"Die nuwe, gevarieerde insigte wat hierdie groep postkoloniale feministe na die tafel bring, kring egter wyer uit as die individu en gee in werklikheid agentskap aan gemarginaliseerde Afrikaanse vroue van álle rasse."
’n Taksering van interne kontroles, die hekwag wat bedrog in die tenderstadium van aankoopsiklusse voorkom
2020-03-24"Die oogmerk van hierdie artikel is om aan te toon dat bedrog in die aankoopsiklus gepleeg word wanneer interne kontroles gesystap word of die internekontrolestelsel van ’n organisasie ondoeltreffend is."