LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Impak en die interpersoonlike benadering: ’n Kritiese analise van die persoongesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering

La-Rochelle Bekker, Constant van Graan, Ankebé Kruger LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-02-21

"Die doel van hierdie artikel is [...] om die interpersoonlike verhouding in die kommersiële forensiese konteks krities te bespreek, asook om die impak van die forensiese praktisyn op die ondervraagde (en andersom) vas te stel."

’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas

Cornelia van der Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-20

"Hierdie multimodale medium kombineer teks en beeld, wat nie net literêre vaardighede bevorder nie, maar leerders ook toerus om komplekse sosiale en kulturele uitdagings met insig en empatie aan te pak."

’n Kritiese ondersoek na Nearpod se rol in die bevordering van aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks

Chris-Mari Le Hanie, Jhani Pottas (Venter) LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-14

"Die bevindinge van die studie dui daarop dat Nearpod ’n waardevolle hulpbron kan wees om aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks te bevorder."

Vonnisbespreking: Lidmaatskap van ’n mediese skema kan nie sonder grondige redes beëindig word nie

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2025-02-14

"Ten spyte van aansoekers se reg op privaatheid en die reg om hul persoonlike gesondheidsinligting vertroulik te hou, moet ’n balans tussen die beskerming van hul persoonlike inligting en die versekering van die finansiële volhoubaarheid van mediese skemas getref word."

’n Ondersoek na faktore wat wiskundeprestasie in toppresterende sekondêre skole deurlopend bevorder

Hendri Theron LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-10

"Die bevindings dui daarop dat die gehalte van die wiskunde-onderwysers, die leeromgewing waarin die leerders onderrig ontvang, en die leierskorps as die vernaamste faktore beskou kan word vir dié skole se sukses in wiskunde-onderrig [...] Verder is die bevindings nie beperk tot wiskunde nie, maar kan dit ook op ander vakke van toepassing wees."

Die bevordering van kritiesetaalbewustheidsonderrig in die Afrikaansklaskamer

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-10

"Kritiese taalbewustheid bied die voordeel vir leerders om selfbesinning, agentskap en sosiale geregtigheid in die klaskamer te ontwikkel. Dit is boonop gekoppel aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denkvaardighede, wat hulle in staat stel om taalhandelinge en uitings in werklike kontekste, soos vergestalt in tekste, te ontleed, interpreteer en evalueer."

Die abjekte moeder in M.S. Burger se Bloedfamilie (2012)

Frederick Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-02-06

"Volgens Kristeva is abjeksie dit wat identiteit, stelsels en orde ontwrig, en wat nie grense, posisies of reëls eerbiedig nie [...] Aan die hand van gekose verhale ondersoek hierdie artikel die wyse waarop die verteller haar moeder abjekteer."

Strategieë om lewensvaardighede te ontwikkel terwyl Geografie-leerders ChatGPT-4o gebruik om kontoerkaarte te vertolk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-04

"KI-hulpmiddels, met hul foute en beperkings, is hier om te bly. Aangesien hierdie hulpmiddels reeds in die werkplek gebruik word, moet leerders die nodige vaardighede aanleer om dit verantwoordelik te gebruik."

’n Manifes vir musikale modernisme in Suid-Afrika: Stefans Grové se 1952-Standpunte-artikels

Willemien Froneman, Stephanus Muller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-30

"Grové oorweeg die moontlikhede vir die skep van ’n eie en unieke Suid-Afrikaanse toonkuns, en sy insigte oor die gebruik van inheemse musiek in Westerse komposisies bied nie net ’n kritiese nadenke oor die wyse waarop rasseskeiding die moontlike beoefening van musikale primitivisme gekortwiek het nie, maar ook ’n perspektief op hoe kunsmusiekkomposisie apartheidsideologie ouditief help skep het."

Rumi se wyn- en bedwelmingsbeeldspraak

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-28

"Die onuitspreeklikheidseienskap van die mistieke ervaring en die gevolglike funksie van metafore in mistieke poësie word onder die loep geneem. ’n Kort historiese agtergrond word dan oor die verwantskap tussen wyn/bedwelming en mistieke ekstase wat reeds sedert voor-Christelike tye bestaan, gegee."

Gestremdheidsreg: Die Suid-Afrikaanse posisie en die historiese verloop van die inkorporering van die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede

Ilze Grobbelaar-du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2025-01-23

"Die artikel gee ’n oorsig van die afgelope 30 jaar sedert die totstandkoming van Suid-Afrika se demokratiese bestel en bespreek die historiese ontwikkeling binne die regering om in die regte van persone met gestremdhede te voorsien."

Vonnisbespreking: Verlore oorkondes – ’n analise van die Hoogste Hof van Appèl se bevel ten aansien van ’n herverhoor

Natasha Venter LitNet Akademies (Regte) 2025-01-13

"In gevalle waar daar teen skuldigbevinding geappelleer word, kan die hof egter nie die beskuldigde onderwerp aan ’n herverhoor waar die oorkonde vermis word nie, aangesien dit die staat se verantwoordelikheid is om te verseker dat ’n behoorlike rekord van die hofverrigtinge behoue bly."

Vonnisbespreking: Openbare figuur – laster en privaatheidskending

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2025-01-10

"Die bewerings is gebaseer op ’n wenk ('tip-off') wat ’n joernalis M (die derde respondent) ontvang het van ’n vertroulike bron in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die wenk was dat die applikant deur ’n vrou van verkragting beskuldig is in ’n klag wat by die SAPD aanhangig gemaak is."

Anderkant dogmatisme en skeptisisme: ’n kritiese blik op die bydrae van die Duitse Idealisme tot ’n nuwe metafisika

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-10

"Erkenning van gebrek aan finale kennis oor die werklikheid is geen belemmering vir wete nie, maar ’n voorwaarde daarvoor. Vir die absolute om geheel te wees, beteken dat die werklikheid nie as ’n statiese absolute volledig refleksief binne ’n bepaalde menslike bewussyn teenwoordig kan wees nie [...]."

’n Jungiaanse en beskrywend-fenomenologiese ontleding van sinchronisiteite in perdondersteunde psigoterapie

Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-10

"Die perd en die mens se ruimtetyd verenig dus op ’n kollektiewe onbewuste vlak as gevolg van die konstellering van die psigoïede argetipe. Die verskil in ruimte en tyd, en tussen die liggaam (materie) en psige (energie) val weg. Die kliënt kan sinchronisiteite as ’n numineuse proses beleef."

Mens, dier en miteskepping in Alexander Strachan se Dwaalpoort (2010)

Andries Visagie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-07

"Die voortgesette spanning oor grondbesit en die verdeeldheid tussen swart en wit in die Suid-Afrikaanse aktualiteit word weliswaar binne die fiksionele raamwerk van die roman oorkom, maar word na die mite met die dier as weerligafleier oorgeplaas."

Bekamping van wildmisdaad: ’n ontleding van die Suid-Afrikaanse omgewingsregraamwerk

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2025-01-07

"Vanweë Suid-Afrika se oorvloedige biodiversiteit is verskeie wildspesies ’n teiken vir wildmisdaad. Daarom word die belangrikheid van wildmisdaadbekamping toenemend benadruk."

Bekamping van wildmisdaad: ’n regsteoretiese ontleding van die handelinge, verwante misdade en rolspelers

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2025-01-07

"Alhoewel die bekamping van wildmisdaad ’n internasionale prioriteit is, bestaan daar tans geen universele definisie van wildmisdaad, ’n toonaangewende internasionale verdrag of ’n aanbevole bekampingstrategie waarvolgens lande die beste praktyk vir die bekamping van wildmisdaad kan vasstel nie."

"Kaaps issie hie om te kô afbriekie": Rolspelers in Afrikaansonderrig se siening oor die insluiting van Kaapse Afrikaanse idiome vir die herstandaardisering van Afrikaans

Earl Basson LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Gegewe die leemtes in huidige Afrikaans-taalhandboeke ten opsigte van die herstandaardisering van Afrikaans, is daar in hierdie artikel ondersoek ingestel na die bydrae wat die insluiting van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings in ’n lesreeks tot die herstandaardisering van Afrikaans kan lewer."

Op weg na helder standaarde en kriteria vir die assessering van die bevoegdheid van onderwysstudente as assessors

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Hierdie studie bevestig dat daar ’n behoefte aan werklik bevoegde onderwysers in ’n groeiende onderwysstelsel bestaan, en ’n dringende prioriteit is ten spyte van die nalatenskap van ’n gefragmenteerde, ongelyke en gebroke verlede, omdat die uitdagings van die onderwystoekoms veel groter as die nalatenskappe van die verlede is."

Top