LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Vonnisbespreking: Stakingstemmings: Oplossing en raaisels deur die Arbeidsappèlhof
2020-10-07"Dit is duidelik dat stakingstemmings daargestel is bloot om die verhouding tussen vakbonde en hulle lede te reguleer. Dit skep geen regte en verpligtinge tussen vakbonde, werkgewers of derde partye nie."
Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling
2020-10-06"Die doel van hierdie artikel is om uit te brei oor die onderskeid maar ook moontlike integrasie van en kombinasie tussen twee akademiesegeletterdheidsbenaderings wat ’n rol kan speel in die verbetering van die leesbegripagterstand van Suid-Afrikaanse leerders op skool."
Polisiëringsbestuurstrategieë in intelligensiegedrewe ingrypings: vragmotorkapings as gevallestudie
2020-10-02Rudolph Zinn in LitNet Akademies: "Polisiëring was in die verlede meestal reaktief en gebaseer op geskiedkundige data (statistiek) wat soms 18 maande oud was. Misdaadinsidente is tot ses maande ná ’n volledige boekjaar deur misdaadontleders verbonde aan die SAPD saamgevoeg en ontleed voordat die statistiek bekend gemaak is."
Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland
2020-10-01"In teenstelling met Suid-Afrika, waar verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs as strafversagtende faktor by vonnisoplegging dien, sou hierdie verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland daartoe aanleiding gee dat moord met voorbedagte rade as manslag beskou sou word."
“We are not just stats and facts!” Tienerdogters se stemme tydens die grendelstaat
2020-09-23"Dit is te wagte dat COVID-19 self een van die tienerdogters se vrese sal wees, veral vanweë die pandemiese aard daarvan. Trouens, die virus is, saam met skoolverwante vrese, deelnemers aan die empiriese navorsing se grootste vrees."
’n Verkenning van relasionele outonomie aan die hand van die outobiografiese poësie van Afrikaanse vrouedigters
2020-09-17"Om nuwe paradigmas van outonomie wat vroulike protagoniste insluit te illustreer, is die teoretiese bespreking in hierdie artikel toegelig deur outobiografiese voorbeeldgedigte uit die oeuvres van vier vrouedigters, naamlik Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Antjie Krog en Ronelda S. Kamfer."
Suid-Afrika by ’n kantelpunt – ’n slegte-saak-scenario?
2020-09-14"Selfs met leierskap wat hervormingsgesind is, is die kragte te groot en omvangryk om te stabiliseer. Die stelsel is so sensitief gebalanseer dat selfs kleiner kragte of snellers die groter orde fundamenteel kan verander en binne die verband van chaotiese stelsels ’n bykans 'skoenlapper-effek' kan veroorsaak."
Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"
2020-09-09"Tussen 'siel', 'onsterflikheid', 'ewigheid' en 'onverganklikheid' is daar geen rasionele of empiriese verband nie. In die Christelike geloof is dit gekoppel aan die opstandingsperspektief. Dit is eintlik merkwaardig dat Elsa Joubert alreeds in haar reisverhaal hierdie koppeling aangevoel het …"
Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou
2020-09-09"Die versuim van plaaslike owerhede om amptenare en politici verantwoordbaar te hou, het tot gevolg dat munisipaliteite nie hul grondwetlike doelwitte bereik nie, wat ’n negatiewe uitwerking op die lewenskwaliteit van gemeenskappe het."
’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem
2020-09-03"Die interessantste ontdekking in hierdie ondersoek is dat skrywers nie alleen voortleef deur hul werke nie, en ook nie net deur skole wat na hulle vernoem is of standbeelde wat ter nagedagtenis aan hulle opgerig is nie, maar ook op verrassende wyses: ’n geocaching-bestemming, ’n hottentotsgot, ’n hond, ’n staproete, ’n posseël, ’n kennisgewing by ’n winkel, en so meer."
Die konteks van die ontstaan en opvoedkundige rol van Caravaggio se Die onthoofding van Sint Johannes die Doper in die 17de eeu
2020-09-03"Die Ridders se Oratorium of klaskamer het gedien om nuwelinge op te lei in die aard, geestelike omgewing en omstandighede van ’n wrede, bloeddorstige dood. Die twee skilderye weerspieël die wrede, bloeddorstige realiteite van ’n geveg met die Turke."
Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse
2020-09-02"Hierdie navorsing bied ’n kwalitatiewe perspektief op die gebruik van tegnologie deur onderwysers vir die praktyk met leerhindernisse. Die ontleding het ’n gedetailleerde weergawe van hoe onderwysers tegnologie in hul klaskamers gebruik om leerders met leerhindernisse te onderrig, voorgestel, asook hoe hulle die gebruik van tegnologie beskou om hul leerders te onderrig."
Vergestaltings van trauma in Suspiria (2018) deur Luca Guadagnino
2020-08-28"Suspiria is in die eerste instansie die verhaal van ’n vrou se wording, naamlik dié van Susie Bannion se ontwikkeling van betreklik naïewe meisie tot Moeder Suspiriorum, ’n vrou wat selfs die beliggaming van die dood kan oproep om haar wil uit te voer. Só gesien is die ontvouing van haar narratief die verhaal van ’n vrouekarakter se bemagtiging, ten spyte van enige historiese en ander kontekstuele beperkinge wat haar sou kon kniehalter."
Vergestaltings van trauma in Suspiria (1977) deur Dario Argento
2020-08-26"Beide die resepsie van die film deur die regisseur se aanhangers en akademiese publikasies oor Suspiria het geruime tyd reeds lank kanonieke status binne die grufilmtradisie aan die film verleen, en daarom is die vrystelling van Guadagnino se weergawe met groot belangstelling afgewag."
Die ontleding van sosiogramme om die impak van koöperatiewe basisgroepe op positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek
2020-08-20"Die COVID-19-pandemie, wat sedert Maart 2020 veroorsaak het dat kontakonderwys wêreldwyd na aanlyn onderwys moes oorskakel, plaas die fokus op die doeltreffendheid waarop leer en koöperatiewe leer in aanlyn omgewings gefasiliteer en geëvalueer word."
BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit
2020-08-19"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."
Vonnisbespreking: Quo vadis ondernemingredding?
2020-08-12"South African Airways (AH) word teen die agtergrond van tersaaklike beginsels van die insolvensie- en ondernemingreddingsreg bespreek soos dit tans in die Suid-Afrikaanse reg toepassing vind."
Vonnisbespreking: Grondwetlike skadevergoeding as "nominale" en "verswaarde" skadevergoeding in dringende aansoeke
2020-08-12"Op ’n dag het die Johannesburgse Metropolisie by die middelmannetjie opgedaag, die besittings van die hawelose mense op ’n trok gelaai en toe verdwyn."
Vroulike karaktersubjektiwiteit: die strategiese gebruik van nomadiese skryf deur Eleanor Baker
2020-08-06"Die onderliggende hipotese is dat Baker hardnekkig haar eie weg ingeslaan en bly skryf het oor vroue se strewe na ’n ander identiteit as dié van die onderdanige vrou, en die gestereotipeerde voorstelling daarvan."
Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale
2020-07-31"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."