Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Koos Komiek: Gaan die Dertigers ooit terugkom?

Koos Kombuis Visueel 2026-09-04

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die afgang van Frankryk en die Weste (3), Chantal Delsol se La tragédie migratoire et le chute des empires

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-09-04

"In hierdie derde van drie opstelle oor die afgang van Frankryk en die Weste word stilgestaan by die liberaal-konserwatiewe Katolieke filosoof Chantal Delsol (1947–) se La tragédie migratoire et la chute des empires: Saint Augustin et nous ('Die migrasietragedie en die val van ryke: sint Augustinus en ons')."

Elders gesien: Johan Degenaar – om die wêreld telkens nuut te ontdek

Pieter Duvenage Menings 2026-09-03

"Degenaar het eerstejaarstudente gewaarsku: 'Julle moet nie ’n woord glo wat ek sê nie.' Dit was nie sinisme nie, maar ’n uitnodiging tot verantwoordelike selfstandigheid."

KI en die uitgewersbedryf: The Good, the Bad and the Ugly

Annie Olivier LitNet-skrywersberaad 2026-09-02

"Ons moet aan KI-opleiding begin dink as ’n soort newereg, soos vertaalregte, teater- of filmregte wat gelisensieer kan word."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks, die afgang van Frankryk en die Weste (2): Oor Alain Finkielkraut se Le cœur lourd

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-09-02

"In die eerste opstel in hierdie reeks van drie oor die afgang van Frankryk en die Weste is stilgestaan by die blik wat die veertigjarige konserwatiewe populistiese joernalis Alexandre Devecchio as 'wit zef' van die Franse voorstede op dié kwessie bied. In hierdie tweede van drie opstelle val die kollig op ’n heel andersoortige figuur se siening van dieselfde tema, naamlik die linkse Joods-Franse filosoof, Alain Finkielkraut (1949–)."

Kyk in die spieël en staan dan op

Cornelius Henn SêNet-briewe 2026-09-01

"Want ons behoort nie aan die skerm, die algoritme, die spieël of onsself nie. Ons behoort aan ons lewende Skepper."

God praat ekstertaal

Margaret Cordier-Biermann SêNet-briewe 2026-08-31

"Saterdagoggend het ’n ekster by my huis ingevlieg en ’n gebed beantwoord."

Dieselfde boog, die regte mikpunt: Oor die verskuiwing van ’n verwysingspunt en dít wat die ontmaskering oorleef

Margaret Cordier-Biermann SêNet-briewe 2026-08-31

"Die oog wat ontmasker, word al skerper geslyp en doen mettertyd met die nuwe landskap presies wat hy met die ou een gedoen het."

Jannes Erasmus het met Annemarie van der Walt oor die Kaapsehoop Boekenaweek gesels.

Jannes Erasmus, Annemarie van der Walt Boeke en skrywers 2026-08-31

"Die mense wat die Boekenaweek bywoon, is merendeels eende uit dieselfde dam en ek het volle vertroue in hulle om te 'boek' en te kuier."

Municipal elections 2026: Do judges too often become the referees of local democracy, governance and elections?

Chris Heymans Opinion 2026-08-28

"Why are coalition agreements increasingly being interpreted and resolved by judges, rather than through political exchange and resolutions? Why do procurement decisions often end in court, rather than in securing better services as part of sound local governance?"

Skoleseminaar: Skooltoelatingsvereistes vra vir diepgaande besinning

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-08-27

Die botsing tussen die portefeuljekomitee vir basiese onderwys en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) oor toelatingsbeleide plaas dié kwessie opnuut onder die soeklig. Michael le Cordeur het die wet herbesoek en lewer verslag.

Suid-Afrikaanse Gebaretaal is nou eindelik wel een van 12 amptelike tale

Theodorus du Plessis Seminare en essays 2026-08-26

"Maak seker dat die geleenthede wat deur wetgewing geskep word, ten volle benut word. Dit vereis ’n taalbewuste gemeenskap wat tot aksie oorgaan en dinge gedoen kry."

Waarom kies jongmense steeds Afrikaans? ’n Ommietafelgesprek oor taal, drome en ’n loopbaan

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2026-08-26

"Die vraag is dus nie net of Afrikaans ’n toekoms het nie. Die interessanter vraag is wie daardie toekoms gaan maak. As die gesprek by Middelvlei enigiets bewys het, is dit dat daar steeds jongmense is wat bereid is om hul hand op te steek vir Afrikaans en daarin te wil werk."

Agterstories: Die silwerdraad

Johan Fourie Rubrieke 2026-08-25

"Vir geslagte lank het Romeinse keisers die silwerinhoud van hul munte verminder. ... Tog het Romeinse kopers daarmee bly betaal en verkopers het dit bly aanvaar. Lank nadat die silwer feitlik uit die munt verdwyn het, het gewone mense steeds die munt se waarde vertrou. Waarom?"

’n Tribute aan Mogamat Alexander

Tasneem Daniels In memoriam 2026-08-25

"Low en behold was daai exactly wat Mogammad Alexander vi my gewies’t, ’n heritage champion of note."

Agterstories: Die ekonomie in jou DNS

Johan Fourie Rubrieke 2026-08-25

"Skink vir jou ’n glas melk. Of jou liggaam dit kan hanteer en of jy oor ’n paar uur krul van die pyn, word grootliks bepaal deur ’n ekonomiese besluit wat jou voorouers sowat sesduisend jaar gelede geneem het."

Springmielies: Werk sag met ons, liewe leser

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2026-08-24

"Aangename kennis, liewe leser. Ek is ’n tweedehandse boek. Ek gaan nie my titel verklap nie; dit kon enige iets gewees het. Kom ons sê eerder dat ek instaan vir talle ander tweedehandse boeke; dat ek, as versamelnaam, namens ons boekspesie praat."

Op dees aarde: Die kinders van 2100 is reeds gebore

Elsabé Brits Rubrieke 2026-08-24

"Land- en seeoppervlaktemperature wat rekords oortref, hitte, droogte, brande en vloede is in Julie en vroeg Augustus aangeteken. Die klimaatskrisis is lank reeds al so ’n realiteit, dit kan nie meer kopskuddend ontken word nie.  Maar daar is ’n boodskap vir elkeen van ons. Wie gaan die aarde van 2100 by ons erf?"

Akademia, Pandor en ’n derde weg: Hoe kunsmatige intelligensie ’n uitweg uit ons taaldooiepunt kan bied

Maryna Blomerus Universiteitseminaar | University Seminar 2026-08-20

"Aan die regering, en aan Pandor as een van die invloedrykste stemme in ons onderwysdebat, sou ek sê: Die onus om hierdie derde weg te bou, rus nie op ’n privaat gemeenskap wat sy eie tekort regstel nie, maar op die staat wat 30 jaar lank nagelaat het om dit te doen. As julle regtig ’n verenigde Suid-Afrika wil bou eerder as een wat langs taal- en raslyne uitmekaar val, is die antwoord nie om Akademia te veroordeel nie, maar om te bewys dat ’n beter, inklusiewer model moontlik is – en te begin deur die taaldata te bou waarsonder geen KI-gedrewe derde weg ooit tot stand sal kom nie."

Afrikaans en sy druktradisie van toeka tot toekoms: Afrikaans word nie gered deur net oor Afrikaans te praat nie

Jean Oosthuizen Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2026-08-19

"Die taal se toekoms lê nie bloot in monumente, koerante en boeke nie, maar in die vraag of mense die taal kan lees, gebruik, bekostig, bewaar en vrylik kan beoefen."

Top