Kunstenaars se plek in die samelewing

  • 0

...
As ’n kunstenaar se werk jou onlangs ontstel het, goed so!
...

Sidney Gilroy skryf op Facebook:

Wat is kunstenaars se plek in die samelewing, behalwe om te vermaak, te belig en met pen, kwas en beitel te ontbloot?

In tye van groot onsekerheid, onreg en sosiale wanorde is dit skrywers, skilders, beeldhouers, digters en dramaturge se taak om te onthou. Deur hul werk waarsku kunstenaars – wys hulle wat werklik aangaan, of wat niemand oor wil praat of erken nie – en gee hulle hoop. Hulle skep die simboliek wat in ons gesamentlike sosiale geheue bly voortleef.

Ons vergeet hoe erg die stryd was. Ons vergeet die regte wat ons moes prysgee. Ons vergeet die tirannie. Ons vergeet hoe ons mekaar ontmens het. Ons vergeet die hongersnood, die geskarrel vir veiligheid en die duisende dooies. Ons vergeet dat ons op ’n punt ons koppe verloor het. Ons vergeet wat die woorde “oorlog” en “onderdrukking” beteken.

Boeke vergeet nie.

Gedigte vergeet nie.

Skilderye vergeet nie.

Beeldhouwerke vergeet nie.

Verhoogstukke vergeet nie.

Ons lewe in ’n bloeitydperk van kuns. Nie omdat dit goed gaan nie, maar juis omdat dit so sleg gaan. Die meerderheid van mense leer om daarmee saam te lewe. Comfortably numb. Kunstenaars nie.

As ’n kunstenaar se werk jou onlangs ontstel het, goed so!

Lees ook:

Zubayr Charles se Haram is ’n waarskuwing aan almal, gelowig of nie: ’n lesersindruk

Western fear and its discontents

Woordenaar by die KKNK: die ware Afrikaner-verklaring

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top