Sidney Gilroy

Sidney Gilroy is ’n projekbestuurder in die ingenieursbedryf wat sedert 2015 deeltyds as stokperdjie skryf.

Hartsprogramme op RSG

Sidney Gilroy Elders gesien 2026-03-20

"Deesdae word die radio egter gereeld afgeskakel. Daar is bedags net te veel musiek wat so baie klink asof die lirieke en/of die musiek deur AI geskep is."

Elders gesien: Smaakmaker van die jaar

Sidney Gilroy Elders gesien 2026-02-27

"Die taal wen. Die leser wen."

Is ons in ons moer in met KI?

Sidney Gilroy Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-02-10

"Dit is nodig om menslike kreatiwiteit te beloon. Dit is nodig dat Afrikaanse kreatiewe entrepreneurs beskerm word. As ons regering dit nie gaan doen nie, is dit in die hande van die skrywers, digters, sangers, akteurs en visuele kunstenaars om die oorlogdrom te slaan."

Elders gesien: Ontmoet Michelle. Sy woon op ’n bediener in Iowa.

Sidney Gilroy Menings 2025-12-13

"Gaan ons hierdie nuwe, digitale wesens – wat uit stem en beeld bestaan en selfs die vermoë het om ons te WhatsApp-videocall – aanvaar as deel van ons lewens?"

Elders gesien: Kunsmatige boekvoorblaaie se baadjies getakseer

Sidney Gilroy Boeke en skrywers 2025-11-19

"Vandag is dit die omslag. Volgende week dalk die inhoud. En dan? Dan staan die Afrikaanse skrywer en die grafiese kunstenaar al twee in dieselfde UIF-ry."

Elders gesien: Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring

Sidney Gilroy Boeke en skrywers 2025-08-14

"Dit is belangrik, ja, om die kwaliteit en diversiteit van Afrikaanse letterkunde te verseker en te sorg dat dit steeds sigbaar en toeganklik bly. Om die mediums te benut wat duisende alreeds gebruik. Om die brug tussen die veld van beperkte produksie en die veld van grootskaalse kultuurproduksie te bou."

Koebaai, Meraai

Sidney Gilroy Fiksie 2025-07-03

"Dit is die agtiende keer dat hy in die buurt inry, en elke keer tref dit hom. Die strate is niks meer as verbrokkelde teer nie; die sypaadjies kaal grond."

Te veel

Sidney Gilroy Poësie 2025-05-02

"Ek sien te veel seuns inni sjebeen
verdwaalde oë vol amfetamien"

Op die punt van haar tong

Sidney Gilroy Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Ses maande na sy aankoms in Die Kaap van Goeie Hoop koop Heindrick Seitz vir hom ’n vrou. ’n Nodige belegging, skat hy, vir die lewe anderkant die Breederivier en die Swartberge wat op hom wag."

Elders gesien: Die versluierde taboes

Sidney Gilroy In memoriam 2025-03-28

"Johann het vir my as nuwe skrywer gewys dat dit oukei is om oor die 'ander' te skryf. Dié onderwerpe en karakters wat die res liefs vermy."

Elders gesien: Annelie Botes het stories en mense geken

Sidney Gilroy Elders gesien 2024-12-13

"In 2014 het jy my onder jou vlerk geneem en aangebied om met my skryfwerk te 'interfereer'."

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n resensie

Sidney Gilroy Resensies 2024-06-18

"Herhalende kwessies oor gender, kulturele identiteit, politieke vraagstukke en sosiale euwels borrel onverpoosd na die oppervlak om die leser se gewete te verontrus. Ons is ’n samelewing wat steeds siek is, laat Wyngaard ons deurgaans weet. Hier is die medisyne. Hier is die kuur. Gaan jy dit drink of gaan jy die dokter steeds wantrou?"

Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?

Naomi Meyer, Cliffordene Norton, Sidney Gilroy, Jaco Jacobs, De Wet Hugo, Rudie van Rensburg Boeke en skrywers 2024-04-23

Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.

Moer toe met die wolk saam

Sidney Gilroy Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2024-03-18

"Jy is die groot data. Wat jy met jou rekenaar, slimfoon en ander slimtoestelle doen, is die tafel waarop KI se feesmaal gedek word. Jy is geld werd."

Elders gesien: Genadedood

Sidney Gilroy Elders gesien 2024-02-02

"Ek verstaan baie goed dat daar geloofsoortuiginge bestaan wat genadedood verbied. Ek glo egter in ’n God van liefde, verdraagsaamheid en veral genade. Lees die woord weer: GENADEdood."

Top