Te veel

  • 0

Foto: Canva

Te veel

Ek sien te veel pa’s agterop Hyundai-bakkies
met leë skaftiens in plastieksakkies
stewelspore regoor die land
’n empty Black Label in elke hand

Ek sien te veel meisies voori clinic
in skool skirts sonder matriek
blesser bybies op elke heup
elke Krismis rooi deurstreep

Ek sien te veel seuns inni sjebeen
verdwaalde oë vol amfetamien
vinnige vuiste en lem teen wang
nou sit hulle saam – twaalf jaar mang

Ek sien te veel ma’s met gate vir tande
krom kapot knypers in plaas van hande
in ander se huise arbei hulle sat
leë kykers – leë hande – hart en kop plat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top