Elders gesien: Vir of teen AI?

  • 0

Sidney Gilroy skryf op Facebook:

Dit is eintlik ’n eenvoudige keuse, né? Is jy vír AI of téén AI? Dalk die grootste vraagstuk wat die mensdom in die 21ste eeu in die gesig gaan moet staar.

Twee teenpole. Want uiteindelik gaan hierdie keuse die mensdom in twee kampe verdeel: aan die een kant dié wat AI omhels, en aan die ander kant dié wat die mensdom teen sy eie masjiene wil beskerm.

Tragies genoeg lyk dit asof ons op ’n oorlog van epiese proporsies afstuur — ’n moderne weergawe van Kain en Abel met ’n pot lensiesop gemaak uit 1’e en 0’e.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top